-
- Hierdie kennisgewings is op 19 April 2024 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds PJ (Pieter) Kotze van Standerton-Suid na Newcastle; prop K (Kirsten) Small na Kogelberg (Kleinmond); ds D (Danell) Swanepoel van Jacobsdal na Redelinghuys; prop CC (Chris) van der Merwe na Hopefield.
AANVAAR
Ds A (André) Botha van Naboomspruit na Bethlehem-Oos; ds N-A (Natalie) van Blerk van Mootvallei na Waverley; prop CC (Chris) van der Merwe na Hopefield.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Die NG Gemeente Redelinghuys het op Woensdag 10 April tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering besluit om ds Danell Swanepoel van Jacobsdal te beroep. (Ronèl Wilken, skriba: NG Gemeente Redelinghuys, 15.04.2024).
Op ’n buitengewone kerkraadsvergadering gehou op Woensdag, 17 April 2024, is prop Kirsten Small na die NG Gemeente Kogelberg (Kleinmond) beroep as predikant in ’n deeltydse vastetermynpos. (Heinrich Carstens, Gemeenteleraar, 18.04.2024).
BEVESTIGING
Prop CC (Chris) van der Merwe is met handoplegging op 7 April 2024 by die NG Kerk Hopefield bevestig deur die konsulent dr HJ Prinsloo van NG Kerk Koringberg wat ook die Ring van Piketberg verteenwoordig het. Dit volg na prop Van der Merwe op 19 Februarie tydens die beroepingsvergadering vir ’n vastetermynpos beroep is. Hy het die beroep op 30 Maart aanvaar. (Dr HJ Prinsloo, leraar: Koringberg, 16.04.2024).
KWAZULU-NATAL
BEROEP
Die NG Moedergemeente Newcastle het tydens ’n spesiale beroepingsvergadering op 18 Februarie 2024, vir ds Pieter Johannes Kotze beroep vanaf die NG Gemeente Standerton-Suid. (Peet Liebenberg, sameroeper: taakspan vir pre-advies, 17.04.2024).
VRYSTAAT
AANVAAR
Ds André Botha van NG Kerk Naboomspruit het die beroep aanvaar na Bethlehem-Oos met diensaanvaarding op 01.07.2024. (Alta Smit, Sake-bestuurder, 18.04.2024).
NOORDELIKE
AANVAAR
Ds Natalie van Blerk van Mootvallei het die beroep na NG Gemeente Waverley aanvaar. (Dalene Myburgh, Saakgelastigde/Skriba, 18.04.2024).
HOËVELD
BEVESTIGING
Prop. JD (Japie) Krige word op Vrydag, 26 April, om 18:30 as Diensleraar: Onderrig en Lering by Melville Kruisgemeente, 4de Laan 51, Melville bevestig. (Lara Botha, Kantoorbestuurder, 18.04.2024).
OOSTELIKE
BEDANK
Dr Jaco Putter het in Julie 2023 uit die NG Kerk bedank en is nie meer predikant by NG Witrivier nie. Ds Louwrens Scheepers was/is brugleraar by NG Witrivier. Die brugleraartermyn het verstryk, maar hy is gevra om tot Desember 2024 aan te bly. (Natasha Nel, skriba: Ring van Barberton, 15.04.2024).
EMERITAAT
Ds Johannes van der Merwe van NG Gemeente Alkmaar het op 29 Februarie 2024 geëmeriteer. Hy het weer ’n vastetermynpos van drie jaar aanvaar. (Natasha Nel, skriba: Ring van Barberton, 15.04.2024).
Ds Pieter Malherbe van NG Barberton het op 31 Maart 2024 geëmeriteer. Hy het ’n termynpos tot Desember 2024. (Natasha Nel, skriba: Ring van Barberton, 15.04.2024).