Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars wat beweeg (Amptelike Nuus – 29 April 2024)


BEROEP

Ds L (Llewellyn) Oliver van Matola, Mosambiek na Uitenhage; ds GJ (Gerrit) Strydom van Reitz na Nylstroom-Oos.

AANVAAR

Ds RG (Rudi) Janse van Vuuren van Prieska na Citrusdal; ds PJ (Pieter) Kotze van Standerton-Suid na Newcastle.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

NG Gemeente Citrusdal is dankbaar om te kan aankondig dat ds Rudi Janse van Vuuren, voorheen van NG Gemeente Prieska, beroep is na NG Gemeente Citrusdal en die beroep op Sondag 24 Maart 2024 aanvaar het. Ds Janse van Vuuren tree op 1 Mei 2024 in diens en sy intreepreek sal plaasvind op 5 Mei 2024. (Marica Mouton, skriba: NG Gemeente Citrusdal, 24.04.2024).

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Die NG Moedergemeente van Uitenhage het op Maandag 22 April 2024 vir ds Llewellyn Oliver van “All Nations Mosambiek” as gemeenteleraar beroep. (Rita Theron, finansiële administrateur: NG Gemeente Uitenhage, 26.04.2024).

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Die NG Moedergemeente Newcastle bevestig met dankbaarheid dat ds Pieter Johannes Kotze die beroep na Newcastle aanvaar het, vanaf die NG Gemeente Standerton-Suid. Sy bevestiging vind plaas op Saterdag 1 Junie 2024 en sy intreepreek op Sondag 2 Junie te NG Moedergemeente Newcastle. Die kerkraad nooi almal uit na die erediens wat om 09:30 begin en om ’n geselligheid daarna in die kerksaal by te woon. (Peet Liebenberg, Sameroeper: Taakspan vir pre-advies, 25.04.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Ds Gerrit Strydom van Reitz is beroep na NG Gemeente Nylstroom-Oos. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder, 29.04.2024).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top