Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike Nuus – 03 Mei 2024)


BEROEP

Ds A (Annieka) Pottas van NHK Montana na Lynnwood.

AANVAAR

Dr L (Liesl) Nickols van Springs-Noord na Randburg; ds N-A (Natalie) van Blerk van Mootvallei na Waverley.

NOORDELIKE

BEROEP

Op 29 April 2024 het die NG Gemeente Lynnwood tydens sy kerkraadsvergadering vir ds Annieka Pottas van die Hervormde Gemeente Montana beroep. (Ds Peet Crous, leraar: Lynnwood, 30.04.2024).

BEVESTIGING

Willem Gerthardus Prinsloo se bevestiging as deeltydse diensleraar met bevoegdheid vir Woord- en sakramentsbediening, asook toegespitste bediening in gesinsbediening en pastoraat, het plaasgevind op Sondag 28 April 2024 by NG Gemeente Daspoort. Die bevestiging is waargeneem deur ds EH de Waal. Die kerkraad se opregte dank gaan aan al die predikante teenwoordig, onder andere ds Rehan Rheeder en ds Naude Kritzinger wat onderskeidelik die Noordelike Sinode en die Ring van Daspoort verteenwoordig het. (Fanie Fourie, namens NG Gemeente Daspoort Kerkraad Taakspan), 29.04.2024).

Ds Natalie van Blerk (Mootvallei) het die beroep na NG Gemeente Waverley aanvaar. Haar bevestiging vind plaas op 9 Junie 2024. (Dalene Myburgh, saakgelastigde/skriba: NG Waverley, 30.04.2024).

HOËVELD

AFSKEID

Ds Servaas de Kock se afskeid by die NG Kerk Randburg vind op Sondag 9 Junie tydens die oggenddiens om 09:00 plaas. Belangstellendes en oud-lidmate is welkom om die geleentheid by te woon. (Shani Oberholster, Skriba: Randburg, 03.05.2024).

BEVESTIGING

Dr Liesl Nickols van Springs-Noord het die beroep na Randburg aangeneem. Sy aanvaar diens op 1 Julie 2024 en word op 14 Julie 2024 amptelik bevestig. (Shani Oberholster, Skriba: Randburg, 03.05.2024).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top