Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike Nuus 10 Mei 2024)

BEROEP

Ds Emile Rademeyer van Doornkloof na Wierdapark-Suid; dr RP (Richard) van Wyk van Stellenbosch na Reebok.

AANVAAR

Proponent Kirsten Small na Kleinmond.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Dr RP (Richard) van Wyk van Stellenbosch Moedergemeente (Insluitend Kruiskerk) word beroep na NG Gemeente Reebok. (Martina van den Berg, Skriba/Kassier: NG Kerk Reebok, 09.05.2024).

AANVAAR

Proponent Kirsten Small het die beroep na NG Kerk Kleinmond (Kogelberg) as predikant in ’n deeltydse vastetermynpos aanvaar. Kirsten sal dan DV op Sondag 19 Mei 2024 bevestig word tydens die oggenderediens om 09:30 in die Kerkgebou in Vierdelaan, Kleinmond. (Ds Heinrich Carstens, Gemeenteleraar, 06.05.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Tydens ’n gemeenteraadsvergadering gehou op 23 April 2024 het NG Gemeente Wierdapark-Suid (Kerk-in-Suid) vir ds Emile Rademeyer van NG Gemeente Doornkloof (NG Familiekerk Doornkloof) beroep. (George Smit, Skriba, 08.10.2024).

HOËVELD

AFSKEID

Dr. Liesl Nickols se afskeidsdiens by NG Gemeente Springs-Noord, vind plaas op Sondag 9 Junie om 09:00. Belangstellendes en oud-lidmate word hartlik uitgenooi na hierdie spesiale geleentheid. (Daleen Kriel, Saakgelastigde, 07.05.2024).

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top