Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 24 Mei 2024)


BEROEP

Ds RJ (Ruan) du Plooy van Postmasburg na Amsterdam; ds LM (Leon) Foot van Welkom-Suid as uitvoerende amptenaar: bedieningsbegeleiding Vrystaat; ds CM (Michael) Rautenbach van Wesselsbron na Universitas-Wes (Strata); ds M (Méri) Schoeman voorheen van Umhlanga na Andrew Murray Pretoria; ds CJ (Christo) Swarts van Schweizer-Reneke na Ottosdal-Suid; prop R (Rion) van Niekerk as diensleraar na Bothasrus (Despatch).

AANVAAR

Ds E (Emile) Rademeyer van Doornkloof na Kerk-in-Suid (voorheen Wierdapark-Suid); ds CJ (Christo) Swarts van Schweizer-Reneke na Ottosdal-Suid.

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Proponent Rion van Niekerk, ’n gelegitimeerde diensleraar, is op 6 Mei beroep na NG gemeente Bothasrus, Despatch. (Marlene du Toit, skriba: NGK Bothasrus Despatch, 17.05.2024).

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop Stephanie Vermaak het die beroep na die NG Gemeente Kathu aanvaar en is tydens die erediens van 5 Mei 2024 deur ds Cornel Viljoen van Ellisras-Wes bevestig. Haar intreepreek het op Sondag 12 Mei 2024 plaasgevind. (Ds Dirkie van Heerden, skriba: Ring van Deben, 18.05.2024).

VRYSTAAT

BENOEMING

Die Raad vir Bedieningsbegeleiding het dr Leon Michael Foot van die NG Gemeente Welkom-Suid benoem as die nuwe uitvoerende amptenaar: Bedieningsbegeleiding. Dit is ’n tweejaartermynpos en datum van diensaanvaarding is 1 Julie 2024. Navrae kan gerig word aan ds Christo Nel (voorsitter van die raad van bedieningsbegeleiding – Vrystaat Sinode) Selnr: 076 943 2006 of Anelia van den Blink. Tel: 051 406 6700 of e-posadres: kuratorium@ngkvs.co.za (Ds Christo Nel, Riebeeckstad, 18.05.2024).

BEROEP

Die NG Gemeente Universitas-Wes het ds CM (Michael) Rautenbach (afgetree) beroep na Strata vir ’n een jaar kontrakpos. (Ria de Wet, administratiewe bestuurder, 21.05.2024).

GOUDLAND

BEVESTIGING

Ds Christo Swarts het die beroep na die NG Kerk Ottosdal-Suid aanvaar en word op Sondag, 9 Junie 2024 om 12:00 bevestig. (Johan Rademeyer, skriba – Ring van Delareyville, 22.05.2024).

RINGSITTING

Die 29ste ringsitting van die Ring van Delareyville vind plaas op Maandag, 27 Mei 2024 te NG Gemeente Bospoort om 08:00. (Johan Rademeyer, skriba – Ring van Delareyville, 22.05.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Tydens ’n beroepsvergadering op Donderdag, 16 Mei 2024, is ds Méri Schoeman in ’n voltydse leraarspos na NG Gemeente Andrew Murray Pretoria beroep. Sy het in die buiteland gewerk die afgelope vier jaar, met behoud van status. (Anthony Tosen, gemeentebestuurder, 17.05.2024).

AANVAAR

Ds Emile Rademeyer van Doornkloof het die leraarspos na Kerk-in-Suid aanvaar. (Elsa Mostert, Bedienings en bestuur, 13.05.2024).

EMERITAAT

Ds Paul Jacobus Grobler het op 26 Mei 2024 sy akte van emeritaat ontvang by NG Gemeente Universiteitsoord. (Anuschka Smit, Skriba: Ring van Suidoos-Pretoria, 21.05.2024).

OOSTELIKE

BEROEP

Tydens die beroepingsvergadering gehou op 20 Mei is ds Ruan du Plooy van Postmasburg beroep as leraar na die NG Gemeente Amsterdam. (JPJ Naudé, voorsitter: kerkraad, 21.05.2024).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.