- Hierdie kennisgewings is op 31 Mei 2024 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds BE (Brits) Janse van Rensburg van NHK Harare na Vredenburg; ds J (Johan) Orsmond van Riviersonderend na Hartbeespoort; ds LS (Lammert) van Rooyen van NHK Lichtenburg na Beaufort-Wes en Gamkavallei.
AANVAAR
Ds L (Lamé) Janse van Rensburg van NHK Rooihuiskraal na Mindalore; ds D (Danell) Swanepoel van Jacobsdal na Redelinghuys.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 27 Mei 2024 het die kerkraad van NG Kerk Vredenburg vir ds Brits Ehns Janse van Rensburg van Harare beroep. (Suselna Theart, administratiewe beampte: Vredenburg NG Gemeente, 28.05.2024).
Die NG Kerk Beaufort-Wes en Gamkavallei het ds Lammert Smit van Rooyen van NHK Lichtenburg beroep as predikant na die gesamentlike pos te Beaufort-Wes. (Lynette Bergh, skriba: NG Kerk Beaufort-Wes, 28.06.2024).
AANVAAR
Ds Danell Swanepoel van Jacobsdal het die beroep na die NG Gemeente Redelinghuys aanvaar en word op 29 Junie 2024 bevestig. (Ronèl Wilken, skriba: NG Gemeente Redelinghuys, 27.05.2024).
NOORD-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Marsulizé van Niekerk van die NHK Upington word bevestig en lewer haar intreepreek te NG Kerk Upington-Blydeville op 2 Junie 2024. (Elna Theron, skriba: NG Kerk Upington-Oos, 28.05.2024).
VRYSTAAT
BENOEMING
Die Raad vir Bedieningsbegeleiding het dr Leon Michael Foot van die NG Gemeente Welkom-Suid benoem as die nuwe uitvoerende amptenaar: Bedieningsbegeleiding. Dit is ’n tweejaartermynpos en datum van diensaanvaarding is 1 Julie 2024. Navrae kan gerig word aan ds Christo Nel (voorsitter van die raad van bedieningsbegeleiding – Vrystaat Sinode) Selnr: 076 943 2006 of Anelia van den Blink. Tel: 051 406 6700 of e-posadres: kuratorium@ngkvs.co.za (ds Christo Nel, Riebeeckstad, 18.05.2024).
EMERITAAT
Ds Carl Heinz Theodore Schiel van die NG Gemeente Deneysville emeriteer met effek 30 Junie 2024. Hy gaan as tentmakerleraar by die gemeente betrokke bly. Ds Dirk Michael du Preez neem oor as voltydse hulpleraar vanaf 01 Julie 2024. (Altha Kruger, skriba: NG Gemeente Deneysville, 28.05.2024).
GOUDLAND
AANVAAR
Ds Lamé Janse van Rensburg van die NHK Rooihuiskraal het die beroep na NG Gemeente Mindalore aanvaar en sal vanaf 1 Julie 2024 diens aanvaar. (Freda Andrew, skriba: NG Mindalore, 28.05.2024).
NOORDELIKE
BEROEP
Ds Johan Orsmond van Riviersonderend is beroep na Hartbeespoort vanaf 1 Oktober 2024. (Pieter Brynard, adminbestuurder, 30.05.2024).
OOSTELIKE
BEVESTIGING
Prop Ingrid Charmain Joubert is op 21 April 2024 as diensleraar by NG Hazyview bevestig. (Natasha Nel, skriba: Ring van Barberton, 28.05.2024).
