Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Mootvallei: Leraar (Deeltydse permanente pos)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Leraar (deeltydse permanente pos)

Onderhandelbaar rondom 70%

In biddende afhanklikheid van die Here maak die kerkraad die vakature bekend en nooi kwalifiserende leraars om betyds aansoek te doen.

Mootvallei is ’n gevestigde gemeente met 1 202 belydende en 311 dooplidmate. Die gemeente is geleë in Mayville (Moot), Pretoria en is 12 jaar oud. Die gemeente koop tans tyd uit van ’n leraar by ’n buurgemeente (25 %) en het ’n deeltydse jeugwerker in hulle diens.

Die gemeente het ’n baie sterk ondersteunende kerkkantoor en die leraar sal nie ingetrek word by onnodige administratiewe en kantooraktiwiteite nie en kan fokus op leraarspligte.

Leraarsprofiel:

Gelegitimeerde van die NG Kerk, met ongeveer vyf jaar bedieningservaring. Die leraar moet alle aspekte van gemeente- en familiebediening hanteer soos uiteengesit in Art 9 van die Kerkorde en soos deur die kerkraad bepaal en omskryf is in ’n diensooreenkoms. Die pos is vir ’n gemeenteleraar wat sal fokus op die aktiewe bediening met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap, gemaklik met huisbesoeke en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadia.

Belangrik vir die gemeente is die volgende:

  • ’n Getroue dienaar van Jesus Christus. ’n Skrifgetroue en passievolle, dinamiese prediker en leier wat die Woord van God onder leiding van die Heilige Gees getrou kan oordra.
  • Goeie pastorale leierskap en bou van onderlinge verhoudings.
  • Betrokkenheid by die dag tot dag bestuur van gemeente-aangeleenthede.
  • ’n Leraar wat huisbesoek, pastorale, sieke- en bejaardebesoeke baie hoog ag.

Die CV moet onder andere afskrifte van identiteitsdokumente, kwalifikasies en ander relevante dokumentasie insluit. Die kerkraad behou die reg voor om verifikasie van egtheid uit te voer.

Vergoeding: Die totale koste van indiensneming (TKVI) sal gekoppel word aan ondervinding en is onderhandelbaar tot R400 000 pj. Geen behuising word voorsien nie.

Aansoeke:

Aansoeke bestaande uit ’n volledige CV, met besonderhede van ten minste drie opvolgbare verwysings moet per e-pos gerig word aan die NG Gemeente Mootvallei by kerkkantoor@ngmootvallei.co.za

Sluitingsdatum: 15 Julie 2024 vir diensaanvaarding op 1 September 2024 of so spoedig moontlik.

Aansoekers wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt.

Navrae kan gerig word aan Ann Trollip by die kerkkantoor (012 335 0611), of gerig word aan kerkkantoor@ngmootvallei.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om enige en / of geen aanstelling te maak uit die aansoeke ontvang, nie. Die kerkraad se besluit sal finaal wees in hierdie verband.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top