- Hierdie kennisgewings is op 14 Junie 2024 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop Adriaan Benadie na Sundra; ds FT (Francois) de Villiers vroeër van Boksburgpark na Empangeni; ds EJ (EJ) Leach van Suidoos-Pretoria na Empangeni.
AANVAAR
Ds BE (Brits) Janse van Rensburg van Harare na Vredenburg.
WES-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Brits Ehns Janse van Rensburg van Harare het die beroep aanvaar na NG Moedergemeente Vredenburg. Hy aanvaar diens by die gemeente op 1 September. (Suselna Theart, administratiewe beampte, 12.06.2024).
KWAZULU-NATAL
BEROEP
Ds Edward John Leach van Pretoria, is beroep na NG Gemeente Empangeni as voltydse permanente leraar met fokuspunt Mtunzini. Die gemeente beroep ook vir ds Francois Tertius de Villiers, tans lidmaat van NG Kerk Elsburg, as leraar met ’n vastetermynpos vir vyf jaar met fokuspunt Empangeni. (Zonia Coetzee, senior administratiewe beampte, 12.06.2024).
HOËVELD
BEROEP
Proponent Adriaan Benadie is beroep na die NG Gemeente Sundra. (Santie Jelliman, saakgelastigde, 12.06.2024).