Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 28 Junie 2024)

AANVAAR

Ds DJ (Danie) Pretorius van Plettenbergbaai na Merweville; ds M (Méri) Schoeman voorheen van Umhlanga na Andrew Murray Pretoria.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Ds Danie Pretorius van Plettenbergbaai het die beroep na NG Merweville aanvaar. Sy dienstermyn begin DV op 1 September 2024. (Tinka Botes, skriba: NGK Merweville, 25.06.2024).

NOORD-KAAPLAND

SINODESITTING

Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Sondag 6 Oktober 2024 tot Woensdag 9 Oktober 2024 by die saal van die NG Kerk Kimberley-Vooruitsig, h/v Cronin- en Meyerstraat, Kimberley. (Ds Christo Jonck, sinodale kantoor: Administrasie, 21.06.2024).

NOORDELIKE

BEVESTIGING

Ds Méri Schoeman, voorheen van Umhlanga, het die beroep na NG Gemeente Andrew Murray Pretoria aanvaar, en word op Sondag, 30 Junie 2024 om 09:00 in die gemeente bevestig. Sy lewer dan ook haar intreepreek. (Anthony Tosen, gemeentebestuurder, 25.06.2024).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top