Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 28 Junie 2024)

AANVAAR

Ds DJ (Danie) Pretorius van Plettenbergbaai na Merweville; ds M (Méri) Schoeman voorheen van Umhlanga na Andrew Murray Pretoria.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Ds Danie Pretorius van Plettenbergbaai het die beroep na NG Merweville aanvaar. Sy dienstermyn begin DV op 1 September 2024. (Tinka Botes, skriba: NGK Merweville, 25.06.2024).

NOORD-KAAPLAND

SINODESITTING

Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Sondag 6 Oktober 2024 tot Woensdag 9 Oktober 2024 by die saal van die NG Kerk Kimberley-Vooruitsig, h/v Cronin- en Meyerstraat, Kimberley. (Ds Christo Jonck, sinodale kantoor: Administrasie, 21.06.2024).

NOORDELIKE

BEVESTIGING

Ds Méri Schoeman, voorheen van Umhlanga, het die beroep na NG Gemeente Andrew Murray Pretoria aanvaar, en word op Sondag, 30 Junie 2024 om 09:00 in die gemeente bevestig. Sy lewer dan ook haar intreepreek. (Anthony Tosen, gemeentebestuurder, 25.06.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top