Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Resensie: ’n Blik op sending in Japan waar Reformed Church of Japan deesdae 140 gemeentes en 10 000 lidmate het

Die liefde van Christus dring ons – die verhaal van Missie Japan (50 jaar) deur Pieter van Jaarsveld

Uitgewer: CLF, 2024

Resensent: Arnau van Wyngaard

Ek kan nie help om te wonder hoeveel mense op ’n dag besluit het om iewers in die wêreld die sendingveld te betree, nadat hulle ’n boek soos hierdie een gelees het nie. Ek onthou hoe ek self vir jare die nuusbriewe van Neil en Peggy Verwey van Japansending ontvang en verslind het.

In hierdie boek vertel die skrywer vir ons baie meer oor die agtergrond en werk, nie alleen van die Verweys nie, maar ook van ander baanbrekers in die sendingwerk van die NG Kerk in Japan, soos Tobie en Annelie de Wet, en Stéphan en Carina van der Watt.

Die RCJ (Reformed Church of Japan) is minder as ’n jaar ná die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog gestig en het intussen gegroei tot ’n kerk met 140 gemeentes en 10 000 lidmate. Natuurlik het hierdie groei nie sommer oornag plaasgevind nie. Hierdie boek wil die leser intrek in die verhale van mense: sendelinge vanuit die NG Kerk, maar ook plaaslike Christene wat toenemend leiersrolle in die RCJ gespeel het, wat daartoe bygedra het dat die RCJ bly groei het.

Die boek is in ’n lekkerleesstyl geskryf en bevat ook heelwat foto’s. Dat die verkondiging van die evangelie in Japan met baie uitdagings gepaardgaan, kan nie ontken word nie. Maar geen ernstige leser van hierdie boek sal die boek kan toemaak sonder om ’n klein bietjie jaloers te wees op die mense wat vir soveel jare onselfsugtig hulle lewe aan hierdie taak gewy het nie.

Beskikbaar by Christelike Lektuurfonds.

Dr Arnau van Wyngaard is die hoof- uitvoerende beampte van Shiselweni Home-Based Care en voormalige leraar van die Shiselweni-gemeente van die Swaziland Reformed Church.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top