Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 5 Julie 2024)

  • Hierdie kennisgewings is op 5 Julie 2024 opgedateer.

BEROEP

Dr JHF (Johan) Taute van Lux Mundi na Ventersdorp.

AANVAAR

Dr C (Charles) Mitchell (emeritus) na Aandbloem.

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr Charles Mitchell is beroep na NG Gemeente Aandbloem op Bloemfontein. Hy is op 30 Junie tydens die erediens deur ds Christo Louw, leraar van Aandbloem-gemeente, bevestig as medeleraar van die gemeente in ’n vaste pos. (Veronica Pretorius, gemeentebestuurder, 01.07.2024).

GOUDLAND

BEROEP

Op ’n buitengewone kerkraadsvergadering gehou op 18 Junie 2024, het die kerkraad van die NG Gemeente Ventersdorp vir dr Johan Taute (deeltydse leraar by Lux Mundi-gemeente) beroep in ’n vastetermynpos. (Irma van der Walt, saakgelastigde, 04.01.2024).

NOORDELIKE

RINGSITTING

Hiermee word kennis gegee dat die 61ste gewone ringsvergadering van die Ring van Pietpotgieter sal plaasvind op 5 Augustus 2024 by Roedtan-gemeente. (Ds Jacques Erasmus, ringskriba, 01.07.2024).

BEVESTIGING

Hiermee gee die kerkraad van die NG Gemeente Andrew Murray Pretoria kennis dat Méri Schoeman op Sondag, 30 Junie 2024 tydens die oggenddiens om 09:00 as voltydse leraar in die gemeente bevestig is. Sy is getroud met Juan, en het twee kinders, Owen (4) en Lara-Li (16 maande). Méri was van 2017 tot 2020 in diens van NG Gemeente Umhlanga, waarna sy na die buiteland is met proponentsbevoegdheid. Dr Neels du Randt van Melville Kruisgemeente het die bevestiging waargeneem. Méri se bevoegdheid verander na haar bevestiging op 30 Junie 2024 van proponent na predikant. (Anthony Tosen, gemeentebestuurder, 01.07.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top