Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk

NG Kerkleraars beweeg (Amptelike nuus – 12 Julie 2024)

BEROEP

Dr WS (Willem) Boshoff van Queenswood* na Orania; dr C (Carine) Botha van Krielpark na Basileia (Witbank); ds GJB (Bennie) Brink (emeritus) na Postmasburg; ds AC (Abraham) Viviers van Waterberg na Parkkruin en na Prieska.

AANVAAR

Dr WS (Willem) Boshoff van Queenswood* na Orania.

BEDANK

Ds Francois de Villiers na Empangeni.

NOORD-KAAP

BEROEP

Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 8 Julie 2024, is ds GJB (Bennie) Brink (emeritus) in ’n vastetermynpos na die NG Gemeente Postmasburg beroep. (Ds Dirkie van Heerden, ringskriba: Ring van Deben, 09.07.2024).

Ds AC Viviers is beroep vanaf NG Gemeente Waterberg na NG Gemeente Prieska. (Ds WPT Pienaar, Ringskriba: Die Ring van Hopetown, 11.07.2024).

AANVAAR

Dr WS (Willem) Boshoff van Queenswood* is beroep na Orania en het dit aanvaar. (Ds WPT (Thabo) Pienaar, ringskriba: Ring van Hopetown, 11.07.2024).

KWAZULU-NATAL

BEDANK

Ds Francois de Villiers het die sentrale kerkraad van die NG Gemeente Empangeni op 12 Julie 2024 skriftelik in kennis gestel dat hy nie die beroep sal aanvaar nie. (Zonia Coetzee, Senior Administratiewe beampte, 12.07.2024).

HOËVELD

BEROEP

Die NG Gemeente Parkkruin Familiekerk het tydens hulle kerkraadsvergadering besluit om ds Abraham Viviers van NG Waterberg te beroep. (Deonette van der Merwe, administratiewe beampte, 10.07.2024).

OOSTELIKE

BEROEP

Dr Carine Botha van NG Krielpark is tydens ’n beroepingsvergadering gehou op 30 Junie 2024, beroep as medeleraar na NG Basileia-gemeente (Witbank). (Ds AM (Marius) Nel, gemeentepredikant: Basileia-gemeente, 09.07.2024).

  • Regstelling na publikasie: Dit is dr WS (Willem) Boshoff van Queenswood wat die beroep na NG Kerk Orania aanvaar het en nie sy neef, ook dr WS (Willem) Boshoff van Skuilkrans, soos eers berig is nie. Verskoning gevra hiervoor.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top