Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG kerk se leraars beweeg (Amptelike nuus – 19 Julie 2024)


BEROEP

Ds Ruan du Plooy van Postmasburg na Amsterdam; ds Stephanus Johannes Schoeman na Askham-Noenieput; ds Nastasia Vosloo-Steyn van Victoria-Wes na Beaufort-Wes.

AANVAAR

Ds Ruan du Plooy van Postmasburg na Amsterdam

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds Nastasia Vosloo-Steyn van Victoria-Wes, wat huidiglik by NG Gemeente Murraysburg uithelp, is beroep na NG Kerk Beaufort-Wes. (Lynette Bergh, skriba: NG Kerk Beaufort-Wes, 18.07.2024).

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Ds Stephanus Johannes Schoeman word beroep na Askham-Noenieput. (Elna Theron, skriba: NG Kerk Upington-Oos, 16.07.2024).

GOUDLAND

RINGSVERGADERING

Die ses-en-sestigste vergadering van die Ring van Bloemhof vind DV plaas op 14 Augustus 2024 in die NG Gemeente Bloemhof. (Ds Dries Coetzee, skriba: 12.07.2024).

HOËVELD

BEVESTIGING

Dr Liesl Nickols is 14 Julie 2024 deur ds Johan Nickols in NG Kerk Randburg bevestig. (Shani Oberholster, Skriba, 15.07.2024).

OOSTELIKE

BEROEP EN AANVAAR

Ds Ruan du Plooy van Postmasburg is beroep na NG Gemeente Amsterdam en het die pos aanvaar, effektief van 1 Julie 2024. Die bevestiging vind plaas op Saterdag 20 Julie en sal deur die konsulent, ds Meyer van Wyk van Piet Retief, behartig word. Ds Du Plooy se intreepreek is Sondag 21 Julie om 09:30. (JPJ Naudé, Voorsitter: Kerkraad, 15.07.2024).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.