Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG leraars beweeg (Amptelike nuus – 02 Augustus 2024)


AANVAAR

Ds AC (Abraham) Viviers van Waterberg (Nylstroom) na Prieska.

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds AC (Abraham) Viviers van NG Gemeente Waterberg (Nylstroom) het die beroep na NG Prieska aangeneem. Hy word in Prieska bevestig op 1 September 2024. Alle belangstellendes is welkom om die geleentheid by te woon. (Ds Thabo Pienaar, ringskriba: Ring van Hopetown, 29.07.2024).

VRYSTAAT

SINODESITTING

Die NG Kerk in die Vrystaat gee hiermee kennis van ’n buitengewone sinodesitting wat gehou word op 3 Oktober 2024 te Kopano Nokeng Lodge in Bloemfontein. (Lisma Liebenberg, senior administratiewe beampte, 30.07.2024).

NOORDELIKE

BENOEMING

Die kuratorium van die NG Kerk by die Universiteit van Pretoria het vir dr JL (Wicus) van der Merwe benoem as die hoof van kerklike opleiding (KO). (Dr Arno Meiring, skriba van die kuratorium (UP), 25.07.2024).

RINGSITTING

Die Ring van Pietersburg se 86ste ringsitting vind plaas op 18 Augustus 2024 te NG Pietersburg-Noord. (Freddie Prozesky, NG Noord, 31.07.2024).

OOSTELIKE

BENOEMING

Die sinodale diensraad van Oostelike Sinode het op 22 Julie 2024 vir dr JS (Johan) Botha van die NG Gemeente Edleen asook Kerklike Maatskaplike Dienste:Tutela benoem as uitvoerende amptenaar van Oostelike Sinode. Die sinodale diensraad gee hiermee uitvoering aan Reglement 12.6.2 en Reglement 12.7.4 van Kerkorde 2023. (Francois Retief, uitvoerende amptenaar: NG Kerk Oostelike Sinode, 23.07.2024).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.