Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig | DJ en Nadia Muller gesels oor roeping, seerkry en genade

Die een het sy roeping gehoor onder ’n boom in Mosambiek. Die ander hare tydens ’n erediens in ’n kerkgebou. Na ’n paar interessante ompaaie het ds Nadia Muller haar man, DJ, onlangs as tentmakerleraar bevestig – boonop by die einste gemeente waar sy leraar is.

DJ werk ook as inhoudskepper by Kaapkerk, neem troufoto’s en video’s en hy vlieg terwyl Nadia ook netbal afrig. Hulle is ook die ouers van twee pragtige dogtertjies.

Die twee besige mense vertel hulle storie. Van waar hulle ontmoet het as teologiese studente op die Universiteit van Pretoria se kampus. Getrou het en saam by hulle eerste gemeente op die Noord-Kaapse platteland begin bedien het. Hier was DJ die gemeenteleraar wat sy vrou as leraar bevestig het.

In die tien jaar sedert toe en nou lê ’n hele stuk leef. Onder meer ’n worsteling met presies wat roeping vir hulle elkeen beteken en ’n dankbare hart vir genade.

Lees en luister ook: Jaco Strydom gesels met Nadia en DJ Muller: Dominees in die gemeente en die gemeenskap

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top