Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG leraars beweeg (Amptelike nuus – 16 Augustus 2024)


BEROEP

Ds C (Carli) Benade van kerksondermure (Centurion) na Andrew Murray (Johannesburg); prop Karin Botes na Tamboerskloof; dr CJV (Christo) Fourie van Heuwelsig na Petrusburg; ds JW (Johan) Janse van Rensburg van Nieuwoudtville na Kuilsrivier-De Eike.

AANVAAR

Prop Adriaan Benadie na Sundra; prop Nastasia Vosloo-Steyn na Beaufort-Wes en Gamkavallei.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Op ’n buitengewonde kerkraadsvergadering gehou op 13 Augustus 2024, het die kerkraad van die NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike vir ds Johan Janse van Rensburg (tans voltydse leraar by NGK Nieuwoudtville) beroep as ’n voltydse leraar. (Mariana van Schalkwyk, Saakgelastigde, 14.08.2024).

Prop Karin Botes is op die kerkraadsvergadering van 13 Augustus 2024 vir ’n vaste termyn van een jaar as diensleraar beroep na die NG Gemeente Tamboerskloof. (Ds Hendrik Scott, Leraar: NG Gemeente Tamboerskloof, 15.08.2024).

BEVESTIGING

Prop Nastasia Vosloo-Steyn het die beroep na NG Kerk Beaufort-Wes en Gamkavallei aanvaar. Haar bevestiging vind plaas op 1 September vanuit NG Kerk Beaufort-Wes. (Lynette Bergh, skriba: NG Kerk Beaufort-Wes, 12.08.2024).

Prop Daniël Jacobus (DJ) Muller is op 28 Julie 2024 as tentmakerleraar bevestig by die NG Kerk Simondium. Sy vrou, ds Nadia Muller, het die bevestiging hanteer. Ds Ryno Els en ds Theo Hay was as verteenwoordigers van die Ring van die Paarl teenwoordig. (Ds Nadia Muller, gemeenteleraar: Simondium, 13.08.2024).

KWAZULU-NATAL

EMERITAAT

Na bykans 18 jaar diens in die NG Gemeente Margate, gaan dr Michael (Mike) Heaney emeriteer (aftree). Sy demissie-erediens vind plaas om 08:30 op 1 September 2024. (Ds Lerisa Meyer, skriba: Ring van Port Shepstone, 12.08.2024).

VRYSTAAT

BEROEP

Dr Christo Fourie (lidmaat by NG Kerk Heuwelsig) is op 13 Augustus beroep na die NG Kerk Petrusburg as deeltydse leraar vir drie (3) jaar. (Madette Lombaard, skriba: Petrusburg, 14.08.2024).

HOËVELD

BEROEP

Ds Carli Benade van kerksondermure, Centurion, is beroep na die NG Kerk Andrew Murray in Johannesburg. (Kegomoditswe Rampa, community manager: NG Kerk Andrew Murray, 15.08.2024).

AANVAAR

Proponent Adriaan Benadie het die kerkraad NG Gemeente Sundra op Woensdagaand 14 Augustus 2024 meegedeel dat hy die beroep na Oranjemund van die hand gewys het en hulle gemeente se beroep aanvaar het. (Santie Jelliman, Saakgelastigde: Sundra, 16.08.2024).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.