Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike Nuus – 23 Augustus 2024)

BEROEP

Dr AMS (Gretha) Heymans vroeër van Reddersburg na Fauresmith en Jagersfontein; ds C (Christo) Nel van Riebeeckstad na Wesselsbron; prop dr MJ (Matthi) Theron na Die Vleie.

AANVAAR

Prop dr MJ (Matthi) Theron na Die Vleie.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop dr MJ (Matthi) Theron is op 7 Julie 2024 beroep as diensleraar na NG Gemeente Die Vleie. Hy het die beroep aanvaar en word op Sondag 8 September 2024 om 09:30 bevestig. (Rinette Ferreira, skriba, 22.08.2024).

NOORD-KAAPLAND

RINGSITTING

Die Ring van Hanover hou DV op Dinsdag 15 Oktober 2024 hulle 41ste ringsvergadering in die kerksaal van NG Kerk De Aar-Noord. (Ds Marizanne Pfeil-Wessels, ringskriba: Ring van Hanover, 20.08.2024).

VRYSTAAT

BEROEP

Dr AMS (Gretha) Heymans vroeër van Reddersburg is beroep na die gemeentes van Fauresmith en Jagersfontein. (Hannelie Sweeney, saakgelastigde: NG Kerk Fauresmith, 12.08.2024).

Ds C (Christo) Nel van Riebeeckstad is beroep na NG Gemeente Wesselsbron. (Adri Marx, gemeentekoördineerder, 20.08.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top