Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Leraars wat beweeg (Amptelike Nuus – 30 Augustus 2024)


  • Hierdie kennisgewings is op 30 Augustus 2024 opgedateer.

BEROEP

Ds R (Rheinier) Nel van Barkly-Oos na Bethulie; ds DP (Dirk) Oosthuizen vroeër van Suidpunt na Namakwaland (Springbok); dr R (Roelf) Opperman van Groenkloof na Riviera-Jakaranda; ds GM (Gerhard) Pietersen van Helderberg na Heidelberg (Wes-Kaap); ds DSM (Dini) Smit van Tuinrand na Mootvallei; dr JHF (Johan) Taute van Lux Mundi na Ventersdorp; ds Chris van der Merwe van Hopefield na Philadelphia.

AANVAAR

Prop K (Karin) Botes as diensleraar na Tamboerskloof; ds B (Bernice) Koekemoer van Kimberley-Vooruitsig na Sesmylspruit; ds R (Rheinier) Nel van Barkly-Oos na Bethulie; dr R (Roelf) Opperman van Groenkloof na Riviera-Jakaranda; dr JHF (Johan) Taute van Lux Mundi na Ventersdorp.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Op ’n buitengewone kerkraadsvergadering gehou op 21 Augustus 2024, het die kerkraad van die NG Gemeente Namakwaland vir ds Dirk Petrus Oosthuizen beroep. (Mareleze Scheepers,Saakgelastigde: Springbok, 23.08.2024).

Die NG Gemeente Heidelberg, Wes-Kaap het op die kerkraadsvergadering van 15 Augustus 2024 vir ds Gerhard Pietersen van die NG Kerk Helderberg beroep. (Riana van der Merwe, skriba: NG Kerk Helderberg, 27.08.2024).

Ds Chris van der Merwe van die NG Kerk Hopefield is beroep na die NG Kerk Philadelphia. (Annamart Agenbag, skriba, 29.08.2024).

AANVAAR

Prop Karin Botes het die beroep met opdrag Jeug as diensleraar (deeltydse kontrakpos vir een jaar) na die gemeente Tamboerskloof aanvaar. Sy word op Sondag, 8 September om 10:00 in haar amp bevestig. Ringsleraars en belangstellendes is welkom om dit by te woon. (Adres: Bo-Uniestraat 17, Tamboerskloof 8001). (Ds Hendrik Scott, leraar van gemeente Tamboerskloof, 29.08.2024).

RINGSVERGADERING

Die Ring van Swellendam gee hiermee kennis dat die ring se 150ste ringsvergadering DV op Sondag 8 September 2024 te NG Kerk McGregor sal plaasvind. (Ds JJ du Preez, ringskriba: Ring van Swellendam, 26.08.2024).

OOS-KAAP

BEVESTIGING

Ds Rheinier Nel van Barkly-Oos is op ’n kerkraadvergadering op 11 Junie 2014 na die NG gemeente Bethulie beroep. Hy het die beroep aanvaar en sy bevestiging vind DV op 14 September 2024 by NG Gemeente Bethulie plaas. (JA (Arnold) Griesel, Grootzuurfontein, 23.08.2024).

GOUDLAND

BEVESTIGING

Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 18 Junie 2024 het die kerkraad van NG Gemeente Ventersdorp vir dr Johan Hendrik Frederick Taute beroep in ’n vastetermynpos as leraar. Hy word bevestig DV op 01 September 2024. (Irma van der Walt, saakgelastigde: NG Gemeente Ventersdorp, 23.08.2024).

NOORDELIKE SINODE

BEROEP

Hiermee gee die kerkraad kennis dat ds Dini Smit beroep is na die NG Gemeente Mootvallei as deeltydse permanente predikant. (Ann Trollip, kantoorbestuurder, 29.08.2024).

BEVESTIGING

Op 15 Augustus het die NG Gemeente Riviera-Jakaranda vir dr Roelf Opperman as brugleraar beroep. Hy het intussen die beroep aanvaar, en word op 15 September 2024 bevestig. Die bevestiging word waargeneem deur ds Paul Grobler, Direkteur – Noordelike Sinode. (Ds Jeandré Slabbert, voorsitter: Ring van Sentraal Moot, 28.08.2024).

Ds Bernice Koekemoer het die beroep na NG Gemeente Sesmylspruit aanvaar. Haar dienstydperk begin DV op 1 Oktober 2024, bevestiging op 6 Oktober 2024 en haar intreepreek is 13 Oktober 2024. (Johan van Zyl, gemeentebestuurder, 26.08.2024).

Ds Derick du Toit van NG Villieria emeriteer op 31 Oktober 2024. Op 3 Junie het die NG Gemeente Villieria vir hom beroep in ’n drie jaar kontrakpos wat hy intussen aanvaar het. Hy word op 27 Oktober 2024 weer bevestig in sy nuwe amp na emeritaat. Die bevestiging word waargeneem deur ds Jeandré Slabbert van NG Villieria. (Ds Jeandré Slabbert, voorsitter: Ring van Sentraal Moot, 28.08.2024).

HOËVELD

NUWE VOORSITTER EN NUWE LEDE VIR SINODALE DIENSKOMMISSIE

Na dr. Johan Botha die aanwysing as die Hoof Uitvoerende Amptenaar van die Oostelike Sinode aanvaar het en nie langer as voorsitter kan dien nie, het die Sinodale Dienskommissie (SDK) van Hoëveld Sinode op 20 Augustus 2024 vergader om oor sy toekomstige samestelling na te dink. Dit volg na die SDK ook die uittrede en bedanking van twee portefeuljeleiers sedert Februarie 2024 aanvaar het. Dr. André Bartlett (Ekumene en Kerkverband) het aan die einde van Februarie 2024 emeriteer en ds. Rudi Swanepoel (Lidmaat- en leierstoerusting en Gemeentebegeleiding) het in Mei 2024 sy bedanking ingedien. 

Die SDK se nuwe voorsitter is dr. Tom Smith (leraar by Fontainebleau Gemeenskapskerk en Hoof: Excelsus). Hy was by die Hoëveldse sinodesitting van 2022 tot assessor verkies. Omdat die SDK lede net kan koöpteer, is ds Michelle van Tonder gekoöpteer om as die Portefeuljeleier Ekumene en Kerkverband op te tree. By die volgende vergadering sal die SDK DV nog ’n lid op die Dagbestuur aanwys. Verdere lede sal gekoöpteer word om die vakatures in die SDK aan te vul. Die SDK is dankbaar vir lede wat die Here op ’n besondere wyse in die sinode se dienswerk gedien het en bid hulle die Here se seën toe. (Hannes Windell, skriba, 30.08.2024).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.