Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Brief: ‘Kerk en staat stuur af op ’n dooiepunt’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Ds Pieter de Jager van Reddersburg skryf: In ’n openhartige onderhoud met dr Frits Gaum, in Kerkbode (Kollig, 31/08), is onder meer weer die hofsaak van 2019 na vore gebring, wat hy en 11 ander teen die NG Kerk gewen het. Buite die kerk en buite die Bybel om, is daar by die hof steun gesoek om selfdegeslagverhoudinge meer toeganklik vir lidmate te maak.

LEES OOK: ‘Ons sal mekaar waarskynlik nie oortuig nie, máár …’ – Frits Gaum

Die apostel Paulus kon hom wel op die keiser beroep waar sy lewe op die spel was en ook die voortgang van die verkondiging van die evangelie bedreig is. Die owerheid is tog goddelik verordineer om die Woord te beskerm (Rom 13), maar ’n dubbele tragedie het die hofsaak van 2019 gekenmerk. Die kerkgroepie het op hulle eie insigte staatgemaak en God se duidelike bepalings verontagsaam. So het hulle in die hande van die staat gespeel, wat op basis van die grondwet, verdere onbybelse menseregte na vore gestoot en die gesag van die Skrif verdoesel het. Geen wonder nie, dat die moderamen van die Algemene Sinode, nie kon appelleer nie.

Kerk en staat stuur af op ’n dooiepunt waar daar geen wenner kan wees nie. Alleen maar kompromieë bly oor. Dan raak die swaard van God se magtige Woord stomp.



Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

2 thoughts on “Brief: ‘Kerk en staat stuur af op ’n dooiepunt’”

  1. Hennie Blomerus

    Ds Pieter, die NG Kerk kon nie apel aanteken teen die hof beslissing van 2019 nie, want reeds in 2006 het twee van hulle parlementere verteenwordigers by die parlement aanbeveel dat selfde geslag huwelike goedgekeur moet word. Jy kan tog nie later in 2019 teen jou eie versoek apel aanteken nie.

    1. Pieter de Jager

      Dankie Hennie, dr. Henrietta Klaasing het my daarop gewys dat regskenners haar ingelig het dat die ASM, soos sy dit verstaan, nie KON of WOU appeleer nie – daar word bespiegel oor die redes…gedreig/betaal met die oog op die besluit oor SGV later in 2019 by die AS. Sy stel dit ook anders, dat dit regtens moontlik was om appel aan te teken EN dat dit dit toegestaan sou word…

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Ons kommentaarbeleid

Lesersbydraes word goedgekeur voor dit verskyn en wel op grond van ons algemene gespreksriglyne wat kortweg as volg opgesom kan word: Meer lig as hitte. Verwag 'n vertraging tussen die instuur van jou kommentaar en die verskyning daarvan.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.