Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Ds Alex Clark, hierbo, het vroeër vanjaar deelgeneem aan 'n ongewone projek om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Hy vertel meer aan Heléne Meissenheimer in hierdie episode van Kollig, Kerkbode se weeklikse podsending. Foto: Robert Cable

PODSENDING | ‘Ek ervaar God in die natuur’ – Leraar wat 175 km hardloop om storie oor Kerkbode te help vertel | Kollig Episode 28


“Ek ervaar God in die natuur.” Só sê ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg naby Ceres.

Heléne Meissenheimer gesels in hierdie episode van Kollig met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier.

Raak betrokke: Maak ’n donasie vir die Kerkbode 175-projek

Lees ook: Wat word beplan vir die Kerkbode 175-dokkie?

 


Lees ook: Meer oor die projek 

In Junie 2024 het Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, tesame met ds Alex Clark, die videograaf Robert Cable en ’n klein steunspan presies 175 km oor ’n tydperk van vier dae ter viering van Kerkbode se 175ste bestaansjaar gedraf. Nou vra hulle lesers se hulp: “Ons het lekker beeldmateriaal geskiet en wil ’n vars dokumentêre video maak wat deels die storie van die roete – maar ook die storie van 175 jaar se kerkjoernalistiek vertel,” verduidelik Schoeman. Hieronder, deur middel van vier kort videogrepe, wys die deelnemers aan voornemende ondersteunners wat hulle met die dokumentêre video beoog.

Skenkings kan HIERLANGS gemaak word

 


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.