Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk

Leraars beweeg (Amptelike Nuus 16 September 2024)


  • Hierdie kennisgewings is op 13 September 2024 opgedateer.

BEROEP

Ds MMD (Marius) Britz voorheen van Griekwastad na Nuwerus*.

AANVAAR

Ds C (Carli) Benadé van kerksondermure (Centurion) na Andrew Murray (Johannesburg); ds C (Christo) Nel van Riebeeckstad na Wesselsbron.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Hiermee gee NG Gemeente Nuwerus kennis dat, tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 9 September 2024, die kerkraad besluit het om ds Marius Britz van NG Gemeente Griekwastad te beroep. (Anne-Maré Mostert, skriba/kassier, 09.09.2024).

BEDANKING

Die kerkraad van NG Gemeente Vredenburg het die bedanking ontvang van dr MM (Thys) du Toit, aangesien hy en sy gesin aan die begin van November verhuis na Kanada. Hy ontvang sy Akte van Demissie by bedanking, gedateer 31 Oktober 2024, op 20 Oktober tydens sy afskeidspreek. (Suselna Theart, administratiewe beampte: NG Gemeente Vredenburg, 06.09.2024).

INTREEPREEK

Ds Armando Le Roy Fraenkel, voorheen van NG Gemeente Umhlanga, lewer sy intreepreek by NG Gemeente Worcester-Oos op Sondag, 6 Oktober 2024 om 09:30. (Lana Brand, skriba: Worcester-Oos, 10.09.2024).

EMERITAAT

Ds Dennis Benjamin Douglas lewer sy afskeidspreek op Sondag, 27 Oktober 2021 en emeriteer op 31 Oktober 2024. (Lana Brand, skriba: Worcester-Oos, 10.09.2024).

RINGSITTING

Die Ring van Clanwilliam vergader vir ’n gewone ringsitting op 15 en 16 September 2024 te Strandfontein. (Ds John Holtzhausen, ringskriba, 09.09.2024).

VRYSTAAT

AANVAAR

Ds Christoffel Nel van Riebeeckstad het die beroep aanvaar na NG Gemeente Wesselsbron. (Adri Marx, gemeentekoördineerder, 09.09.2024).

BEVESTIGING

Die kerkrade van Jagersfontein en Fauresmith wil net onder u aandag bring dat dr Gretha Heymans amptelik die 1ste Oktober 2024 as leraar begin vir die twee gemeentes. Haar bevestiging sal Sondagoggend, 6 Oktober 2024 om 10:00 te NG Kerk Fauresmith plaasvind. (Hannelie Sweeney, saakgelastigde: NG Kerk Fauresmith, 10.09.2024).

NOORDELIKE

EMERITAAT

Ds Johannes Willem de Wet van NG Kerk Hartbeespoort emeriteer en sy afskeidspreek is op 6 Oktober 2024 om 09:00. Ons nuwe leraar, ds Johan Orsmond, se bevestiging en intreepreek is op 13 Oktober 2024 om 09:00. (Pieter Brynard, adminbestuurder: NG Kerk Hartbeespoort, 06.09.2024).

HOËVELD

BEVESTIGING

Op 1 September 2024 is prop A Benadie bevestig as leraar van die NG Gemeente Sundra. (Ds Francois Gouws, skriba: Ring van Delmas, 09.09.2024).

Ds Carli Benadé van kerksondermure (Centurion) het die beroep na NG Gemeente Andrew Murray (Johannesburg) aanvaar met effek 1 Otober 2024. Haar bevestiging en intreepreek vind om 10:00 met handoplegging plaas op 13 Oktober 2024. (Herman Kocks, voorsitter: Andrew Murray (Johannesburg), 12.09.2024).

  • Regstelling: Voorheen is berig dat ds MMD (Marius) Britz voorheen van Griekwastad die beroep aanvaar het na Nuwerus. Dit is nie korrek nie. Hy is wel beroep, maar moet nog hierop reageer.

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.