Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Leraars beweeg (Amptelike Nuus 20 September 2024)


  • Hierdie kennisgewings is op 20 September 2024 opgedateer.

BEROEP

Ds A (Alex) Clark van Op-Die-Berg na Ceres; dr. SJ (Stephan) Naudé van Newtonpark na Doornkloof; ds. FJ (Fritz) Snyman van NG Universiteitsoord na Lynnwood

AANVAAR

Prop. N (Neels) Loots na Warrenton

WES-KAAPLAND

BEROEP

Die NG Kerk Ceres het ds Alex Clark van Op-Die-Berg Gemeente beroep op Maandagaand 16 September 2024 se spesiale kerkraadsvergadering. (Lucia Brand, skriba: NG Kerk Ceres, 17.09.2024).

NOORD-KAAPLAND

AANVAAR EN BEVESTIG

Hiermee word kennis gegee van die aanvaarding van die beroep na en bevestiging met handoplegging van prop. Neels Loots in die NG Kerk Warrenton, in die Ring van Warrenton, op 1 September 2024 tydens die erediens. Die bevestiging is waargeneem deur ds. Heinrich Viljoen van Kathu. Teenwoordig was ook: Di Christo Jonck (PSD Sinode van Noord-Kaapland), Cornè Burger van Jan Kempdorp, Martin Coetzer van Hartswater, Marais Kluge van Noorderharts, Dillen Pillay (RCA Kimberley) asook ’n groot aantal lidmate van die gemeente en lidmate en ouderlinge van ander gemeentes. Sy toga is omgehang deur sy pa (Kobus) en eggenote (Elona). Hy is ook die pa van drie dogters. (Ds Corne Burger, ringskriba: ring van Warrenton, 17.09.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Hiermee gee Lynnwood Gemeente kennis dat ds. Fritz Snyman van NG Universiteitsoord tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 16 September 2024 as medeleraar beroep is. (Nicole Wilson, finansiële en administratiewe beampte: Lynnwood NG Gemeente, 17.09.2024).

EMERITAAT 

Ds Johannes Willem de Wet van NG Kerk Hartbeespoort emeriteer en sy afskeidspreek is op 6 Oktober 2024 om 09:00. Ons nuwe leraar, ds Johan Orsmond, se bevestiging en intreepreek is op 13 Oktober 2024 om 09:00. (Pieter Brynard, adminbestuurder: NG Kerk Hartbeespoort, 06.09.2024).

OOSTELIKE

BEROEP

Die kerkraad van die NG Kerk Doornkloof het by hul kerkraads- en beroepingsvergadering van Woensdag, 11 September 2024, besluit om dr. Stephan Naudé van NG Gemeente Newtonpark te beroep as medeleraar. (Natasha Meyer, admin: NG Kerk Doornkloof, 17.09.2024).

 


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.