Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Podsending | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’ – Barend Vos

Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2 000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Hulle soek daarin raad. Troos. Hoop. Vir hom is die Bybel ’n lig op sy pad. ’n Genadeboek. So vertel die bekende predikant en skrywer, dr Barend Vos. Hy het met Kollig gesels oor sy ervaring as dagstukskrywer vir agt uitgawes van Afrikaans se oudste Bybelleesgids,Uit die Beek.

Lees ook: Oudste Bybeldagboek ’n intieme ontmoeting met die Here, vertel skrywer

Bestel Uit die Beek 2025 HIER.

Dr Stephan Joubert, self ’n paar jaar terug ’n Uit die Beek-skrywer, het onlangs met Vos ’n onderhoud gevoer oor sy ervaring as skrywer en predikant om vir hierdie geliefde instelling op vele mense se bedkassies te skryf. Onder is ’n kort video-uittreksel uit hulle gesprek.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top