- Hierdie kennisgewings is op 4 Oktober 2024 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Dr AR (Anton) Fick van Constantiakruin na Kloofendal; ds GEH (George) Matthee van Meerensee na Debruinpark-Ermelo.
AANVAAR
Dr CJV (Christo) Fourie van Heuwelsig na Petrusburg; ds SJ (Stephan) Naudé van Newtonpark na Doornkloof; ds T (Tertius) Naudé van Meerensee na Noordkus.
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Ds Tertius Naudé van die NG Gemeente Meerensee het die beroep na NG Gemeente Noordkus (Ballito Gesinskerk) aanvaar. Bevestiging en intreepreek op Sondag 10 November 2024. (Leonie Spangenberg, skriba: NG Gemeente Noordkus (Ballito Gesinskerk), 30.09.2024).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Dr Christo Fourie (was lidmaat by NG Kerk Heuwelsig) is op Sondag 29 September bevestig as leraar by die NG Kerk Petrusburg. (Madette Lombaard, skriba: Petrusburg, 01.10.2024).
GOUDLAND
BEROEP
Die kerkraad van die NG Gemeente Kloofendal het op sy vergadering van 18 September vir dr Anton Rupert Fick, wat in November 2024 by die Gemeente Constantiakruin emeriteer, as leraar van die Gemeente Kloofendal met ingang van 1 Februarie 2025 in ’n vastetermynpos, beroep. (Johan van Schoor, gemeentebestuurder: Gemeente Constantiakruin, 20.09.2024).
OOSTELIKE
BEROEP
Ds George Matthee van NG Gemeente Meerensee is op 2 Oktober beroep na NG Gemeente Debruinpark-Ermelo. (Ds Dif Ehlers, leraar: NG Gemeente Debruinpark, 04.10.2024).
AANVAAR
Ds Stephan Naudé van NG Gemeente Newtonpark het die beroep by NG Kerk Doornkloof aanvaar en sal in diens tree vanaf 1 November 2024. (Natasha Meyer, admin: NG Kerk Doornkloof, 30.09.2024).