Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike Nuus – 11 Oktober 2024)

  • Hierdie kennisgewings is op 11 Oktober 2024 opgedateer.

AANVAAR

Dr C (Carine) Botha van Krielpark na Basileia (Witbank-Klipfontein); ds JW (Johan) Janse van Rensburg van Nieuwoudtville na Kuilsrivier-De Eike; ds FJ (Fritz) Snyman van Universiteitsoord na Lynnwood; ds Chris van der Merwe van Hopefield na Philadelphia.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Ds Johan Janse van Rensburg, tans leraar by NGK Nieuwoudtville, het die beroep na NGK Kuilsrivier-De Eike aanvaar. (Mariana van Schalkwyk, saakgelastige, 07.10.2024).

BEVESTIGING

Ds Chris van der Merwe vanaf NG Kerk Hopefield het die beroep na NG Kerk Philadelphia aanvaar en word bevestig in die amp op 1 Desember 2024. (Annemart Agenbag, saakgelastigde, 10.10.2024).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr Gretha Heymans is op 6 Oktober bevestig as leraar van die NG gemeentes van Fauresmith en Jagersfontein. (Ds Mias Nortier, leraar: Jacobsdal, 06.10.2024).

EMERITAAT

Ds Willem Burger van NG Gemeente Sasolburg-Fakkel emeriteer op 31 Oktober 2024. Die kerkraad het op ’n kerkraadsvergadering van 27.08.2024 die besluit geneem om hom vanaf 1 November 2024 in ’n kontrakpos aan te stel wat oor drie (3) jaar strek. (Ds Friedrich Kotze, skriba: Ring van Vaalpark, 05.10.2024).

NOORDELIKE

AANVAAR

Ds Fritz Snyman van NG Gemeente Universiteitsoord het die beroep as medeleraar aanvaar na Lynnwood Gemeente. (Nicole Wilson, finansiële beampte: Lynnwood Gemeente, 09.10.2024).

OOSTELIKE

AANVAAR

Dr Carine Botha van NG Gemeente Krielpark het die beroep as medeleraar na NG Basileia Gemeente (Witbank-Klipfontein) aanvaar en word DV op Sondag 3 November 2024 tydens die oggenddiens om 08:30 bevestig waarna sy ook haar intreepreek in die gemeente sal lewer. (Ds AM (Marius) Nel, voorsitter: kerkraad, 11.10.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top