Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk

NG leraars beweeg (Amptelike Nuus, 18 Oktober 2024)

  • Hierdie kennisgewings is op 18 Oktober 2024 opgedateer.

BEROEP

Ds M (Mardi) Badenhorst van Carnarvon na Humansdorp-Oos; prop dr EA (Eddie) Turner na Windhoek-Oos.

AANVAAR

Ds MMD (Marius) Britz van Langebaan na Nuwerus; ds C (Christo) Nel van Riebeeckstad na Wesselsbron.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds MMD (Marius) Britz van Langebaan het die beroep na NG Kerk Nuwerus aanvaar en word DV op Sondag 3 November 2024 bevestig. (Anna-Maré Mostert, skriba/kassier, 14.10.2024).

DEMISSIE

Die NG Kerk Suider-Strand het onlangs ’n Reglement 21-proses gevolg weens bedryfsvereistes. Ds Samantha Chamberlain en ds Carel Smith ontvang hulle demissie op 20 Oktober 2024, wat geld vanaf 31 Oktober 2024, met volle behoud van bevoegdheid. (Sel-Marié Brand, admin-bestuurder, 15.10.2024).

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Ds Mardi Badenhorst van NG Gemeente Carnarvon is beroep na NG Gemeente Humansdorp-Oos. (Erina de Jager, saakgelastigde, 15.10.2024).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Ds Christo Nel van NG Gemeente Riebeeckstad het die beroep aanvaar na NG Gemeente Wesselsbron. Sy bevestiging as leraar, gehanteer deur ds Rene Wessels, is op Saterdagmiddag 23 November en sy intreepreek is Sondag 24 November. (Adri Marx, gemeentekoördineerder, 11.10.2024).

HOËVELD

BESTAANSVIERING

Die NG Kerk Randburg vier 80 jaar se bestaan op Sondag 3 November 2024. Oud-lidmate en ander belangstellendes is welkom om die erediens om 09:00 en die geselligheid daarna by te woon. Bywoning kan per epos bevestig word: ngrburg@mweb.co.za. (Shani Oberholster, administrasie, 16.10.2024).

NAMIBIË

BEROEP

Prop dr EA (Eddie) Turner is op 15 Oktober 2024 beroep as voltydse predikant in NG Gemeente Windhoek-Oos, Windhoek, Namibië. (Marétha Nortjé, administratiewe beampte, 17.10.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top