Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike Nuus – 1 November 2024)

BEROEP

Ds S (Samantha) Chamberlain van Suiderstrand na Hottentots-Holland; ds GHG (Gerrit) Vosloo van Nelspruit-Suid na Witrivier.

AANVAAR

Ds M (Mardi) Badenhorst van Carnarvon na Humansdorp-Oos.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds Samantha Chamberlain is vanaf NG Gemeente Suiderstrand na Familiekerk NG Hottentots-Holland beroep tydens die beroepingsvergadering van Familiekerk NG Hottentots-Holland gehou op Dinsdagaand, 22 Oktober 2024. (Yolandi de Leeuw, skriba, 25.10.2024).

EMERITAAT

Die kerkraad laat weet dat ds Jakes (Jeremia) Barnard, na 35 jaar van diens aan die NG Gemeente Saldanha, emeriteer. Ons is dankbaar vir sy getroue diens in God se koninkryk op verskeie vlakke en op verskeie terreine hier aan die Weskus. Hy het sy Akte van Demissie by emeritaat, gedateer 31 Oktober 2024, ontvang op Sondag 27 Oktober tydens sy afskeidspreek. (Ds Kotzé Olivier, leraar: NG Kerk Saldanha, 24.10.2024).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Mardi Badenhorst van Carnarvon het die beroep na Humansdorp-Oos aanvaar en word op 19 Januarie 2025 bevestig. (Ds Erina de Jager, leraar: Humansdorp-Oos, 29.10.2024).

OOSTELIKE

BEROEP

Ds GHG (Gerrit) Vosloo van Nelspruit-Suid NG Gemeente is op ’n vergadering van die kerkraad op 24 Oktober 2024 as voltydse leraar beroep na NG Gemeente Witrivier. (Tanja Cadle, finansiële beampte, 31.10.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top