Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Leraars beweeg (Amptelike Nuus – 08 November 2024)


BEROEP

Prop. dr Anine Fischer na Queenswood; ds M (Morné) Jacobs van Paardekraal-Monument na Wierdapark; ds SH (Hennie) Pienaar van Dalpark na Schweizer-Reneke; prop dr PM (Petria) Theron as diensleraar na Potchefstroom.

AANVAAR

Prop EA (Eddie) Turner na Windhoek-Oos; ds GHG (Gerrit) Vosloo van Nelspruit-Suid na Witrivier.

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Proponent dr Anine Fischer is beroep na NG Gemeente Queenswood. (Anneli Roux, saakgelastigde: NG Gemeente Queenswood, 08.11.2024).

GOUDLAND

BEROEP

Die kerkraad van die NG Moedergemeente Schweizer-Reneke het, op sy vergadering van 3 November 2024, vir ds Hennie Pienaar van die NG Gemeente Dalpark beroep. (Gwen Fourie skriba: NG Moedergemeente, Schweizer-Reneke 04.11.2024).

Hiermee gee die kerkraad van NG Gemeente Potchefstroom kennis dat prop dr Petria Magdalena Theron as diensleraar met Toegespitse Bediening in Prediking en Erediensleiding na hierdie gemeente beroep is. (Ds HJ Niemand, waarnemende voorsitter van die kerkraad, 07.11.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Ds Morné Jacobs is vanaf NG Gemeente Paardekraal-Monument na NG Gemeente Wierdapark beroep tydens die beroepingsvergadering van NG Gemeente Wierdapark gehou op Maandagaand, 21 Oktober 2024. (Nicola Niebuhr, skriba, 04.11.2024).

DEMISSIE

Hiermee wil die Ring van Suidoos-Pretoria kennis gee van ds Fritz Snyman se demissie by NG Universiteitsoord, wat op 3 November 2024 plaasgevind het. Ds Snyman sal op 10 November 2024 om 09:00 by NG Lynnwood bevestig word. (Ds Anuschka Smit, studenteleraar: NG Universiteitsoord, 04.11.2024).

OOSTELIKE

AANVAAR

Ds GHG (Gerrit) Vosloo van Nelspruit-Suid NG Gemeente het die beroep aanvaar na NG Gemeente Witrivier. Hy word aangestel op ’n voltydse kontrak vanaf 1 Januarie 2025. (Tanja Cadle, finansiële beampte, 07.11.2024).

NAMIBIË

BEVESTIGING

Ontvang hiermee kennis van bevestiging en ordening van prop EA (Eddie) Turner op 3 November 2024 in die NG Kerk Windhoek-Oos. (Hendrik Koekemoer, kerkraadsvoorsitter, 05.11.2024).

*Berig aangepas na publikasie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.