Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike Nuus – 15 November 2024)

BEROEP

Proponent J (Jacques) Heymans na Kameeldrif; ds LH (Lionel) Hutton van Stellenbosch-Moedergemeente na Sonstraal; proponent JP (Johan) Mostert na Levubu.

AANVAAR

Ds GHG (Gerrit) Vosloo van Nelspruit-Suid na Witrivier.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds Lionel Hutton van Stellenbosch-Moedergemeente is op Woensdagaand, 13 November 2024 deur die kerkraad na NG Gemeente Sonstraal, as medeleraar (Jeug) beroep. (Lynnette Bekker, finansies: NG Gemeente Sonstraal, 14.11.2024).

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Op Sondag, 10 November 2024, is ds Tertius Naudé van die NG Gemeente Meerensee bevestig as predikant van NG Noordkus (Ballito Gesinskerk). (Leonie Spangenberg, skriba: NG Noordkus, 11.11.2024).

OOSTELIKE

AANVAAR

Ds GHG (Gerrit) Vosloo het die beroep aanvaar na NG Gemeente Witrivier. Hy word aangestel op ’n voltydse kontrak vanaf 1 Januarie 2025. (Natasha Nel, skriba: Ring van Baberton, 13.11.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Hiermee bevestig die kerkraad van die NG Gemeente Levubu dat hulle op ’n spesiale kerkraadsvergadering van 10 November vir proponent Johan Mostert as leraar vir die NG Gemeente Levubu beroep het. (Ds Petrus Kriel, leraar: NG Gemeente Levubu, 12.11.2024).

Hiermee gee die kerkraad van Familiekerk NG Kameeldrif kennis dat proponent Jacques Heymans as deeltydse vastetermyn predikant na hierdie gemeente beroep is op 11 November 2024. (Elzaan Nortje, gemeentebestuurder: NG Kameeldrif, 12.11.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top