- Hierdie kennisgewings is op 22 November 2024 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop A (Andene) Cilliers (néé van den Berg) na Bellville-Riebeek; ds LH (Lionel) Hutton van Stellenbosch-Moedergemeente na Kenridge; prop EJJ (Johan) Mostert na Nylstroom-Oos; prop Z (Zilcha) Mostert (néé Welgemoed) na Nylstroom-Oos; ds C (Christian) Oberholzer van Elarduspark na Universiteitsoord; ds WJ (Wilco) Roberts van Kadoma, Zimbabwe na Wolseley; ds LJ (Lourens) Scheepers van Witrivier na Philippolis.
BEDANK
Ds SH (Hennie) Pienaar van Dalpark vir Schweizer-Reneke.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds Willem Jacobus (Wilco) Roberts, predikant in die Gemeente Kadoma, Zimbabwe, is op 12 November 2024 deur die kerkraad van NG Gemeente Wolseley beroep as gemeenteleraar in ’n vastetermynpos. (Ds Egbert Steyn, brugleraar, Wolseley-gemeente, 20.11.2024).
Na aanleiding van ’n kerkraadsbesluit geneem op 20 November 2024, het NG Gemeente Bellville-Riebeeck vir proponent Andene Cilliers van NG Durbanville-Bergsig beroep as deeltydse vastetermynpredikant vir ’n termyn van drie jaar. (Nicky Mollet, skriba, 21.11.2024).
Ds Lionel Hutton van Stellenbosch-Moedergemeente is op Woensdagaand, 20 November 2024 deur die kerkraad as medeleraar (tieners, studente en jong volwassenes) na Kenridge-gemeente beroep. (Liezl Byliefeldt, bestuurder: Kenridge-gemeente, 21.11.2024).
VRYSTAAT
BEROEP
Ds Louwrens Scheepers van NG Witrivier is beroep na NG Gemeente Philippolis vir een jaar vastetermyn, tydens die kerkraadsvergadering gehou op 20 November 2024. (Ds HHS (Mias) Nortier, voorsitter: Ring van Fauresmith, 21.11.2024).
GOUDLAND
BEDANK
Ds Hennie Pienaar van Dalpark het nie die beroeping aanvaar na NG Moedergemeente Schweizer-Reneke nie. (Gwen Fourie, skriba: NG Moedergemeente, Schweizer-Reneke. 18.11.2024).
NOORDELIKE
BEROEP
Die volgende proponente is beroep na NG Gemeente Nylstroom-Oos: proponente Johan en Zilcha Mostert. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder, 18.11.2024).
Hiermee gee die kerkraad van NG Gemeente Universiteitsoord kennis dat ds Christian Oberholzer van NG Gemeente Elarduspark as voltydse predikant vir studentebediening beroep is op 19 November 2024. (Maretha Minnaar, Skriba: NG Universiteitsoord, 22.11.2024).