Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk

Leraars beweeg (Amptelike Nuus – 29 November 2024)

  • Hierdie kennisgewings is op 29 November 2024 opgedateer.

BEROEP

Prop D (Dean) Bentley na Mosselbaai; ds GD (Gert) Victor van Harrismith na Prins Albert.

AANVAAR

Prop D (Dean) Bentley na Mosselbaai.

BEDANK

Prop EJJ (Johan) Mostert vir Nylstroom-Oos; prop Z (Zilcha) Mostert (néé Welgemoed) vir Nylstroom-Oos.

WES-KAAPLAND

BEROEP

By ’n kerkraadsvergadering op Sondag 10 November 2024, na deeglike gesprek en met fyn aanvoeling, is ds Gert Victor van die NG Gemeente Harrismith, as leraar beroep na die NG Gemeente Prins Albert. (Adele Hattingh, skriba: NG Gemeente Prins Albert, 27.11.2024).

BEROEP EN BEVESTIGING

Prop Dean Bentley is op 11 November 2024 deur die kerkraad beroep as voltydse leraar na NG Gemeente Mosselbaai. Na afloop van die probasietydperk, waartydens geen besware teen sy beroeping uitgebring is nie, het die Ring van Mosselbaai sy beroep goedgekeur en het prop Bentley die beroep aanvaar. (Corné Human, admin- en kommunikasiebeampte: NG Mosselbaai, 29.11.2024).

NOORD-KAAPLAND

RINGSITTING

Die Ring van Namakwaland hou op 6 en 7 Desember 2024 hulle 55ste ringsitting op Springbok. (Ds Sarize Retief, skriba: Ring van Namakwaland, 28.11.2024).

NOORDELIKE

BEDANK

Proponente Johan en Zilcha Mostert het nie die beroep na NG Gemeente Nylstroom-Oos aanvaar nie. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder, 25.11.2024).

  • Berig is aangepas na publikasie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top