- Hierdie kennisgewings is op 06 Desember 2024 opgedateer.
- Die laaste Amptelike Nuus vir die jaar verskyn 13 Desember 2024.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Dr Elsje Petronella Büchner van Stellenbosch-Noord Middelburg-Karoo; ds MJ (Martin) Coetzer van Hartswater na Ermelo; ds RBD (Robert) Meintjies van Witbank-Suid na Magaliesburg; prop EH (Ernst) van Wyk na Lynnwood.
WES-KAAPLAND
EMERITAAT
Ds AP (Pierre) Marais van NG Kerk Ceres het op 1 Desember 2024 geëmeriteer en sy akte van demissie ontvang. Ds Alex Clark word op 16 Januarie 2025 bevestig as nuwe leraar in die gemeente. (Lucia Brand, skriba: NG Kerk Ceres, 05.12.2024).
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Dr Elsje Petronella Büchner van Stellenbosch-Noord gemeente is beroep na NG Kerk Middelburg-Karoo. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 20.11.2024).
GOUDLAND
BEROEP
Ds RBD (Robert) Meintjies is op 17 November 2024 vanaf NG Kerk Witbank-Suid na NG Kerk Magaliesburg (Ring van Krugersdorp, Sinode Goudland) beroep. (Anton Mieny, skriba: Ring van Krugersdorp, 06.12.2024).
NOORDELIKE
BEROEP
Tydens die kerkraadsvergadering van 25 November 2024 het die NG Gemeente Lynnwood vir prop Ernst van Wyk beroep. (Peet Crous, kerkraadvoorsitter: NG Gemeente Lynnwood, 29.11.2024).
OOSTELIKE
BEROEP
Hiermee gee ons, NG Kerk Ermelo, kennis dat ons vir ds Martin Jacobus Coetzer van Hartswater beroep het as voltydse predikant. (Sandra Visagie, admin: NG Kerk Ermelo, 02.12.2024).
- Berig is aangepas na publikasie.