- Hierdie kennisgewings is op 13 Desember 2024 opgedateer.
- Die volgende Amptelike Nuus verskyn vroeg in Januarie 2025. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord na Dordrecht; ds JP (Petri) Coetzee van Albertinia na Vredenburg; prop M (Mia) Oliver (geb Van der Merwe) na Sonstraal.
AANVAAR
Dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord na Dordrecht; ds WJ (Wilco) Roberts van Kadoma (Zimbabwe) na Wolseley; ds JPM (Kobus) Stapelberg van Humansdorp na Parkkruin; prop dr PM (Petria) Theron as diensleraar na Potchefstroom.
BEDANK
Dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord vir Middelburg-Karoo.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Proponent Mia Oliver (geb Van der Merwe) is op Sondag 1 Desember 2024 deur die kerkraad na NG Gemeente Sonstraal, as deeltydse predikant (halfdagpos, met die fokus op kinderbediening) beroep. (Lynnette Bekker, finansies: NG Gemeente Sonstraal, 11.12.2024).
Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 11 Desember 2024 het die kerkraad van NG Kerk Vredenburg vir ds Johannes Petrus (Petri) Coetzee van Albertinia beroep. (Suselna Theart, administratiewe beampte: NG Kerk Vredenburg, 12.12.2024).
AANVAAR
Ds Willem Jacobus (Wilco) Roberts, predikant in die Gemeente Kadoma, Zimbabwe, het die beroep na NG Gemeente Wolseley in ’n vastetermynpos aanvaar. Hy sal DV op 19 Januarie 2025 in die amp bevestig word. (Ds Egbert Steyn, brugleraar: Wolseley-gemeente, 11.12.2024).
DEMISSIE
Nadat dr Elsje Büchner die beroep na die NG Gemeente Dordrecht aanvaar het, lewer sy op 15 Desember 2024 tydens die erediens om 09:00 haar afskeidspreek by NG Stellenbosch-Noord. Die akte van demissie sal ook tydens die geleentheid aan haar oorhandig word. (Christolene Welman, skriba: NG Kerk Stellenbosch-Noord, 13.12.2024).
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord het die beroep na die NG gemeente Dordrecht aanvaar. (Anemè van Pletzen, skriba: NG Dordrecht, 12.12.2024).
BEDANK
Dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord het die beroep na NG gemeente Middelburg-Karoo bedank. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 11.12.2024).
GOUDLAND
BEVESTIGING
Hiermee gee die kerkraad van NG Gemeente Potchefstroom kennis dat prop Petria Magdalena Theron die beroep as diensleraar met toegespitse bediening in prediking en erediensleiding aangeneem het en op Sondag 24 November 2024 in die gemeente bevestig is. Ds Düring Cornelius het die bevestiging waargeneem. (Ds HJ Niemand, waarnemende voorsitter van die kerkraad: NG Gemeente Potchefstroom, 11.12.2024).
HOËVELD
BEVESTIGING
Ds JPM (Kobus) Stapelberg van Humansdorp se bevestiging en intreepreek vind plaas op 26 Januarie 2025 om 09:00 in NG Gemeente Parkkruin Familiekerk. (Deonette van der Merwe, administratiewe beampte: Parkkruin, 10.12.2024).
EMERITAAT
Ds ECA (Chris) du Preez emeriteer op 19 Januarie 2025. Afskeidspreek om 09:00 in die NG Gemeente Parkkruin Familiekerk. (Deonette van der Merwe, administratiewe beampte: Parkkruin, 10.12.2024).