- Hierdie kennisgewings is op 24 Januarie 2025 opgedateer. Hierdie berig bevat al die kennisgewings ontvang in Desember en Januarie. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop D (Dean) Bentley na Mosselbaai; dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord na Dordrecht; dr Elsje Petronella Büchner van Stellenbosch-Noord na Middelburg-Karoo; ds JP (Petri) Coetzee van Albertinia na Vredenburg; ds MJ (Martin) Coetzer van Hartswater na Ermelo; ds H (Hanli) Grové van Greyton na Mosselbaai-Suid; dr JS (Johan) Kruger van Bothaville-Noord na Hartenbos; dr GMH (Gys) Loubser (emeritus) na Kimberley-Vooruitsig; ds RBD (Robert) Meintjies van Witbank-Suid na Magaliesburg; prop M (Mia) Oliver (geb Van der Merwe) na Sonstraal; ds CJ (Christo) Schoeman van Delareyville-Oos na Potchefstroom-Miederpark; ds J (Jeandré) Slabbert van Villieria na Margate; ds JD (Johan) Smit, voorheen van Piketberg, na Langebaan; prop EH (Ernst) van Wyk na Lynnwood; ds GD (Gert) Victor van Harrismith na Prins Albert.
AANVAAR
Prop D (Dean) Bentley na Mosselbaai; dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord na Dordrecht; prop A (Andene) Cilliers van Durbanville-Bergsig na Bellville-Riebeeck; ds S (Samantha) Chamberlain van Suiderstrand na Hottentots-Holland; ds JP (Petri) Coetzee van Albertinia na Vredenburg; dr JS (Johan) Kruger van Bothaville-Noord na Hartenbos; dr GMH (Gys) Loubser (emeritus) na Kimberley-Vooruitsig; ds WJ (Wilco) Roberts van Kadoma, Zimbabwe na Wolseley; ds J (Jeandré) Slabbert van Villieria na Margate; ds JPM (Kobus) Stapelberg van Humansdorp na Parkkruin; prop dr PM (Petria) Theron as diensleraar na Potchefstroom; prop EH (Ernst) van Wyk na Lynnwood; ds Gert (GD) Victor van Harrismith na Prins Albert.
BEDANK
Dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord vir Middelburg-Karoo.
WES-KAAPLAND
BEROEP
By ’n kerkraadsvergadering op Sondag 10 November 2024, na deeglike gesprek en met fyn aanvoeling, is ds Gert Victor van die NG Gemeente Harrismith, as leraar beroep na die NG Gemeente Prins Albert. (Adele Hattingh, skriba: NG Gemeente Prins Albert, 27.11.2024).
Proponent Mia Oliver (geb Van der Merwe) is op Sondag 1 Desember 2024 deur die kerkraad na NG Gemeente Sonstraal, as deeltydse predikant (halfdagpos, met die fokus op kinderbediening) beroep. (Lynnette Bekker, finansies: NG Gemeente Sonstraal, 11.12.2024).
Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 11 Desember 2024 het die kerkraad van NG Kerk Vredenburg vir ds Johannes Petrus (Petri) Coetzee van Albertinia beroep. (Suselna Theart, administratiewe beampte: NG Kerk Vredenburg, 12.12.2024).
Ds Hanli Grové van NG Gemeente Greyton is na die NG Gemeente Mosselbaai-Suid beroep (André Kritzinger, leraar: NG Gemeente Mosselbaai-Suid, 21.01.2025).
Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 21 Januarie 2025 het die kerkraad van NG Gemeente Langebaan vir ds Johannes Daniël (Johan) Smit, voorheen van Piketberg, beroep. Hulle is tans lidmate van NG Langebaan. (Arina Hanekom, sekretaresse, 22.01.2025).
BEVESTIGING
Dr JS (Johan) Kruger van NG Gemeente Bothaville-Noord het op 9 Desember 2024 ’n beroep ontvang na NG Gemeente Hartenbos. Hy het die beroep intussen aanvaar en word bevestig op 7 Februarie 2025. (Dr Johan Kruger, leraar: NG Gemeente Bothaville-Noord, 20.01.2025).
Ds Willem Jacobus (Wilco) Roberts, predikant in die gemeente Kadoma, Zimbabwe, het die beroep na NG Gemeente Wolseley in ’n vastetermynpos aanvaar. Hy is op 19 Januarie 2025 in die amp bevestig. (Ds Egbert Steyn, brugleraar: Wolseley-gemeente, 11.12.2024).
Ds Samantha Chamberlain, voorheen van NG Gemeente Suiderstrand, is op Sondag, 12 Januarie 2025, by NG Kerk Hottentots-Holland as predikant bevestig en het haar intreepreek gelewer. (Yolandi de Leeuw, skriba, 13.01.2025).
Ds (GD) Gert Victor van NG Gemeente Harrismith (Vrystaat) het die beroep aanvaar na NG Gemeente Prins Albert (Wes-Kaap). Sy diensaanvaarding is 1 April 2025, met die bevestiging en intreepreek vroeg in April. (Adele Kruger, skriba: NG Gemeente Prins Albert, 17.01.2025).
Prop Dean Bentley is op 11 November 2024 deur die kerkraad beroep as voltydse leraar na NG Gemeente Mosselbaai. Na afloop van die probasietydperk, waartydens geen besware teen sy beroeping uitgebring is nie, het die Ring van Mosselbaai sy beroep goedgekeur en het prop Bentley die beroep aanvaar. Hy is op 22 Desember 2024 bevestig word as leraar. (Corné Human, admin- en kommunikasiebeampte: NG Mosselbaai, 29.11.2024).
Ds Johannes Petrus (Petri) Coetzee van Albertinia het die beroep aanvaar na NG Gemeente Vredenburg. Hy aanvaar diens op 1 Februarie 2025 en sal sy intreepreek lewer op 9 Februarie. (Suselna Theart, administratiewe beampte: NG Kerk Vredenburg, 09.01.2025).
Proponent Andene Cilliers van NG Gemeente Durbanville-Bergsig, het die beroep as deeltydse predikant na NG Gemeente Bellville-Riebeeck, vir ’n termyn van drie jaar, aanvaar. Sy word op 2 Februarie 2025 bevestig. (Nicky Mollet, skriba: Bellville-Riebeeck, 22.01.2025).
DEMISSIE
Nadat dr Elsje Büchner die beroep na die NG Gemeente Dordrecht aanvaar het, het sy op 15 Desember 2024 haar afskeidspreek by NG Stellenbosch-Noord gelewer. Die akte van demissie is ook tydens die geleentheid aan haar oorhandig. (Christolene Welman, skriba: NG Kerk Stellenbosch-Noord, 17.12.2024).
EMERITAAT
Ds AP (Pierre) Marais van NG Kerk Ceres het op 1 Desember 2024 geëmeriteer en sy akte van demissie ontvang. Ds Alex Clark is op 16 Januarie 2025 bevestig as nuwe leraar in die gemeente. (Lucia Brand, skriba: NG Kerk Ceres, 05.12.2024).
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Dr Elsje Petronella Büchner van Stellenbosch-Noord gemeente is beroep na NG Kerk Middelburg-Karoo. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 20.11.2024).
BEVESTIGING
Dr Elsje Petronella Büchner van NG Gemeente Stellenbosch-Noord het die beroep na NG Gemeente Dordrecht aanvaar. Ds Conrad Thomas het haar op Sondag 12 Januarie bevestig as leraar en sy het haar intreepreek gelewer. (Anemè van Pletzen, skriba: NG Kerk Dordrecht, 14.01.2025).
BEDANK
Dr EP (Elsje) Büchner van Stellenbosch-Noord het die beroep na NG gemeente Middelburg-Karoo bedank. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 11.12.2024).
NOORD-KAAPLAND
BEVESTIGING
Dr GMH (Gys) Loubser, emeritus-predikant (voorheen van Differentia-gemeente, Boksburg) het die beroep na NG Gemeente Kimberley-Vooruitsig aanvaar. Hy is op 19 Januarie 2025 bevestig en het sy intreepreek gelewer. (Lynette Strydom, saakgelastigde (skriba): NG Kerk Vooruitsig, 09.01.2025).
RINGSITTING
Die Ring van Namakwaland het op 6 en 7 Desember 2024 hulle 55ste ringsitting op Springbok gehou. (Ds Sarize Retief, skriba: Ring van Namakwaland, 28.11.2024).
KWAZULU-NATAL
BEROEP
NG Gemeente Margate het vir ds Jeandré Slabbert van NG Villiera beroep vir 2025. (Ds Lerisa Strydom, leraar: NG Gemeente Margate, 17.12.2024).
AANVAAR
Ds Jeandré Slabbert van NG Villiera het die beroep na NG Gemeente Margate aanvaar. (Ds Lerisa Strydom, leraar: NG Gemeente Margate, 16.01.2025).
GOUDLAND
BEROEP
Ds RBD (Robert) Meintjies is op 17 November 2024 vanaf NG Kerk Witbank-Suid na NG Kerk Magaliesburg (Ring van Krugersdorp, Sinode Goudland) beroep. (Anton Mieny, skriba: Ring van Krugersdorp, 06.12.2024).
Die gemeentebestuur van Potchefstroom-Miederpark Gemeente het tydens ’n bestuursvergadering op 3 Desember 2024 vir ds Christoffel Johannes Schoeman van NG Kerk Delareyville-Oos, soos voorgeskryf in die Kerkorde, beroep na Miederpark Gemeente. Die afkondiging van die beroeping is tydens die daaropvolgende Sondae tydens eredienste aan die gemeente voorgehou asook die prosedure met betrekking tot die besware wat ingedien mag word. Geen besware teen die beroeping is ontvang nie. Die beroepene is gepas ingelig. Die beroepingsproses sal verder bevorder word na die resestydperk van die Ring van Potchefstroom. (Des Humpel, gemeentebestuurder: Potchefstroom-Miederpark Gemeente, 13.01.2025).
BEVESTIGING
Hiermee gee die kerkraad van NG Gemeente Potchefstroom kennis dat prop dr Petria Magdalena Theron die beroep as diensleraar met toegespitse bediening in prediking en erediensleiding aangeneem het en op Sondag 24 November 2024 in die gemeente bevestig is. Ds Düring Cornelius het die bevestiging waargeneem. (Ds HJ Niemand, waarnemende voorsitter van die kerkraad: NG Gemeente Potchefstroom, 11.12.2024).
NOORDELIKE
BEROEP
Tydens die kerkraadsvergadering van 25 November 2024 het die NG Gemeente Lynnwood vir prop Ernst van Wyk beroep. (Peet Crous, kerkraadvoorsitter: NG Gemeente Lynnwood, 29.11.2024).
BEVESTIGING
Prop Ernst van Wyk is tydens die naweek van 26 Januarie 2025 as leraar bevestig by die NG Gemeente Lynnwood. Sy ordening en bevestiging waargeneem deur dr Dieter de Bruin. Prop Van Wyk het sy intreepreek die aand gelewer. (Peet Crous, kerkraadvoorsitter: NG Gemeente Lynnwood, 16.01.2024).
Ds Christian Oberholzer word op Sondag 2 Februarie 2025 by die NG Gemeente Universiteitsoord as leraar bevestig. (Anuschka Smit, kerkraadvoorsitter: NG Gemeente Universiteitsoord).
HOËVELD
BEVESTIGING
Ds JPM (Kobus) Stapelberg van Humansdorp se bevestiging en intreepreek was op 26 Januarie 2025 in NG Gemeente Parkkruin Familiekerk. (Deonette van der Merwe, administratiewe beampte: Parkkruin, 10.12.2024).
EMERITAAT
Ds ECA (Chris) du Preez het geëmeriteer op 19 Januarie 2025. (Deonette van der Merwe, administratiewe beampte: Parkkruin, 10.12.2024).
OOSTELIKE
BEROEP
NG Kerk Ermelo het vir ds Martin Jacobus Coetzer van Hartswater beroep as voltydse predikant. (Sandra Visagie, admin: NG Kerk Ermelo, 02.12.2024).