Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Luister | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ – Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer en teoloog, dr Ronell Bezuidenhout, die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder.

Toe verloop dinge anders …

Haar bejaarde ouers het haar sorg nodig gehad. Sy het besef sy sal maniere moet vind vir ’n volhoubare inkomste. Vandag is sy onder meer ’n deeltydse Lutherse pastor, retraiteleier en hou ’n suksesvolle aanlynbediening aan die gang wat maandeliks tot 40 000 mense bereik.

Lees meer: Jaco Strydom gesels met Ronell Bezuidenhout | ‘Ek preek deesdae vir mense om openlike waardeerders te word, waar dinge reg werk’

In kort, haar program is net so besig as wat dit in Johannesburg was. Dit het haar laat besef dit is nie die plek waar ons bly wat ons besig maak nie, dit het te doen met ons menswees. “Ons is verslaaf aan besig wees,” sê sy in ons Kollig-gesprek vir Januarie.

Aan die hand van haar boek, Woestynwysheid: Antieke riglyne vir toekomsgerigte mense praat ons oor die moderne mens se behoefte aan stilte, afsondering en eenvoud. 

Die boek is onlangs herdruk deur CLF.

  • Geniet jy dit om na Kerkbode Kollig se podsendings te luister? Jy kan hierdie projek se volhoubaarheid ondersteun deur ‘n Vriend van Kerkbode te word. Vir hoe, klik net op die webskakel.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top