- Hierdie kennisgewings is op 31 Januarie 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop IH (Izak) Scholtz na Woodland Hills
AANVAAR
Prop dr A (Anine) Fischer na Queenswood; prop IH (Izak) Scholtz na Woodland Hills.
OOS-KAAPLAND
BEVESTIGING
Dr Anine Fischer is op 5 Januarie 2025 bevestig met handoplegging te NG Gemeente Queenswood. Ds Karel Albrecht het die bevestiging waargeneem en sy het ook haar intreepreek gelewer op die dag. Haar bevoegdheid het van proponent na voltydse predikant verander. Sy is in 2023 gelegitimeer en is getroud met ds Van Wyk Fischer. Sy was vanaf 2014 tot 2024 bestuurder van Lethabo le Khutso tehuis vir volwassenes met outisme. (Anneli Roux, saakgelastigde: NG Gemeente Queenswood, 13.01.2025).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Prop Izak Human Scholtz se bevestiging met handoplegging deur ds Anton Meiring vind plaas op DV Sondag 2 Februarie 2025 in Woodland Hills NG Gemeenskapskerk, Bloemfontein. (PJB Coetzer, skriba: Ring van Bloemheuwel, 28.01.2025).
NOORDELIKE
EMERITAAT
Ds DJH Ueckermann van NG Nylstroom-Oos het sy emeritaat ontvang op 31 Januarie 2025 tydens ’n geleentheid by die gemeente. Hy was predikant hier van 1 Julie 2008 tot 31 Januarie 2025. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder: NG Nylstroom-Oos, 28.01.2025).