Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 31 Januarie 2025)

BEROEP

Prop IH (Izak) Scholtz na Woodland Hills

AANVAAR

Prop dr A (Anine) Fischer na Queenswood; prop IH (Izak) Scholtz na Woodland Hills.

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Dr Anine Fischer is op 5 Januarie 2025 bevestig met handoplegging te NG Gemeente Queenswood. Ds Karel Albrecht het die bevestiging waargeneem en sy het ook haar intreepreek gelewer op die dag. Haar bevoegdheid het van proponent na voltydse predikant verander. Sy is in 2023 gelegitimeer en is getroud met ds Van Wyk Fischer. Sy was vanaf 2014 tot 2024 bestuurder van Lethabo le Khutso tehuis vir volwassenes met outisme. (Anneli Roux, saakgelastigde: NG Gemeente Queenswood, 13.01.2025).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Prop Izak Human Scholtz se bevestiging met handoplegging deur ds Anton Meiring vind plaas op DV Sondag 2 Februarie 2025 in Woodland Hills NG Gemeenskapskerk, Bloemfontein. (PJB Coetzer, skriba: Ring van Bloemheuwel, 28.01.2025).

Geborg

NOORDELIKE

EMERITAAT

Ds DJH Ueckermann van NG Nylstroom-Oos het sy emeritaat ontvang op 31 Januarie 2025 tydens ’n geleentheid by die gemeente. Hy was predikant hier van 1 Julie 2008 tot 31 Januarie 2025. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder: NG Nylstroom-Oos, 28.01.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top