Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Ons kliënt, LuminAfrica, is ’n Suid-Afrikaanse Bybelvertalingsorganisasie wat deur middel van samewerking met soortgelyke organisasies die dringende behoefte van Bybelvertaling in Suider-Afrika aanspreek. LuminAfrica benodig tans die dienste van ’n ervare fondswerwer om deel van hulle klein en innoverende span te word.
Verantwoordelikhede:
- Skakeling met interne en eksterne rolspelers (ontwikkelingspersoneel, leierskap, vrywilligers, ens).
- Bou verhoudings met bestaande en potensiële donateurs(insluitend individue, gesinne en besighede).
- Voorbereiding en saamstel van aanbiedings / voorleggings aan verskeie belange-groepe.
- Persoonlike kommunikasie met bestaande en voornemende beleggers.
- Akkurate rekordhouding / verslagdoening mbt beleggers / donateurs se versoeke, interakies, geskenke ens.
- Administratiewe take (bv korrespondensie, begrotings, opdatering van databasis, ens).
- Reëling en koördinering van funksies.
Vereistes:
-
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie (fondswerwing, verkope, bemarking, skakelwese, ens).
- Ondervinding in verkope of fondsinsameling binne ’n kerklike bedieningsomgewing sal as sterk aanbeveling dien.
- Ekstroverte persoonlikheid en vermoë om sterk verhoudings te bou met verskillende etnisiteite, kulture, wereldbeskouings, ens.
- Uitstekende kommunikasievaardighede (persoonlik, telefonies en skriftelik).
- Rekenaarvaardig (Microsoft Office, Teams en CRM-stelsels).
- Nakoming van Bybelse beginsels en kernwaardes.
- Bereidwilligheid om gereeld te reis.
- Uitstekende analitiese, navorsings- en probleemoplossingsvaardighede.
- Goeie sakevernuf (goeie begrip van groot sakeondernemings, filantropiese trusts, stigtings, ens).
Om aansoek te doen besoek Joubert & Genote se webtuiste: https://joubertassociates.co.za/job/skakelbeampte-en-fondswerwer/
Geborg