Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Skakelbeampte en fondswerwer vir Bybelvertalingsorganisasie: LuminAfrica (Wes-Kaap)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Ons kliënt, LuminAfrica, is ’n Suid-Afrikaanse Bybelvertalingsorganisasie wat deur middel van samewerking met soortgelyke organisasies die dringende behoefte van Bybelvertaling in Suider-Afrika aanspreek. LuminAfrica benodig tans die dienste van ’n ervare fondswerwer om deel van hulle klein en innoverende span te word.

 Verantwoordelikhede:

  • Skakeling met interne en eksterne rolspelers (ontwikkelingspersoneel, leierskap, vrywilligers, ens).
  • Bou verhoudings met bestaande en potensiële donateurs(insluitend individue, gesinne en besighede).
  • Voorbereiding en saamstel van aanbiedings / voorleggings aan verskeie belange-groepe.
  • Persoonlike kommunikasie met bestaande en voornemende beleggers.
  •  Akkurate rekordhouding / verslagdoening mbt beleggers / donateurs se versoeke, interakies, geskenke ens.
  •  Administratiewe take (bv korrespondensie, begrotings, opdatering van databasis, ens).
  • Reëling en koördinering van funksies.

Vereistes:

    •  Toepaslike tersiêre kwalifikasie (fondswerwing, verkope, bemarking, skakelwese, ens).
    • Ondervinding in verkope of fondsinsameling binne ’n kerklike bedieningsomgewing sal as sterk aanbeveling dien.
    • Ekstroverte persoonlikheid en vermoë om sterk verhoudings te bou met verskillende etnisiteite, kulture, wereldbeskouings, ens.
    • Uitstekende kommunikasievaardighede (persoonlik, telefonies en skriftelik).
    • Rekenaarvaardig (Microsoft Office, Teams en CRM-stelsels).
    • Nakoming van Bybelse beginsels en kernwaardes.
    • Bereidwilligheid om gereeld te reis.
    • Uitstekende analitiese, navorsings- en probleemoplossingsvaardighede.
    • Goeie sakevernuf (goeie begrip van groot sakeondernemings, filantropiese trusts, stigtings, ens).

Om aansoek te doen besoek Joubert & Genote se webtuiste: https://joubertassociates.co.za/job/skakelbeampte-en-fondswerwer/

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top