Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Brief: Trump se skuiwe vanuit die VSA spel ook die einde van die ‘apartheidsbekering’ in SA

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Ds Petrus Kriel van Levubu skryf: Die Republikeinse rewolusie in Amerika het in effek ’n einde aan die apartheidsbekering en burgerlike versoening van die NG Kerkleiers gemaak.

Die Republikeine is besig om die waan van liberalisme wat Amerika as ’n globale gemeenskap sonder grense wou bedryf totaal af te breek en Amerika weer as Amerikaanse gemeenskap te herkonstitueer. Die Republikeine maak Amerikaanse belastinggeld, wat gesien en gebruik is as globale geld, weer Amerikaanse geld. Dit is die einde van instellings wat in Amerika met Amerikaanse belastinggeld opgerig is, maar hulleself as globale instellings gesien het wat nie meer aan die regering of die mense van Amerika verantwoordbaar was nie.

LEES OOK: Brief: Is Trump ’n Christen?

“Woke” was die strategie waarmee liberalisme gemeenskappe ontwrig het om gemeenskappe in eie reg met eie waardes te wees wat hulleself en hulle eie leefwyse finansier. Woke het Amerikaanse geld getransformeer na globale geld. Woke was die bekering van nasie na globale liberale gemeenskap.

Dit was wat die spirituele leiers van die NG Kerk die laaste 40 jaar lank bedryf het met hulle apartheidsbekering. Hulle wou die NG Kerk “inklusief” maak wat beteken om ’n globale kerkgemeenskap te wees en nie meer ’n Afrikaanse kerk in die Afrikaanse gemeenskap nie. Die mag van hierdie geestelikes met hulle apartheidsbekering was niks anders as die staatsgodsdiens van die liberalisme in die wêreld nie. Daarom het hulle swartbemagtiging geregverdig as boetedoening, grondonteiening as restitusie, die vervanging van meriete vir ampte as transformasie, die rasgebaseerde samestelling van instellings as versoening, selfdegeslagverbintenisse verklaar as die liefde van Jesus en begin met ’n proses om Hamas as bevrydingsbeweging teen Israel te ondersteun. Dit terwyl NG lidmate deur kerkleiers geestelik onderwerp word aan raswette wat hulle uit die gemeenskap, uit werk, uit studie en grondbesit uitsluit. En dit is gedoen met NG lidmate se geld waarteenoor hulle as geestelike leiers nie meer aanspreeklik is met hierdie globale wêreldkerk wat die leiers geglo het hulle oprig en verteenwoordig nie.

LEES OOK: Pastorale brief (Februarie 2025): Ons skryf uit ʼn diepe besorgdheid aan julle, met ʼn hartsgebed dat God Hom oor ons almal sal ontferm

Nou het die Republikeine in Amerika regstellende aksie afgeskaf, rasgebaseerde aanstellings met meriete vervang, besluit seuns is seuns en dogters is dogters en so die hele genderagenda getermineer, die SA regering se grondonteiening sonder vergoeding as krimineel verklaar en die Afrikaanse gemeenskap, wat die kerkleiers nou al vir 40 jaar aan hulle apartheidsbekering onderwerp, verklaar tot ’n onderdrukte vlugtelinge-gemeenskap wat blootgestel kan word aan ’n moontlike volksmoord.

Die apartheidsbekering en burgerlike versoening waarmee predikante hulleself teenoor hulle eie kerk as globale kerk verhef het, se magsbasis, liberalisme, is deur die grootste wêreldmoondheid gebreek.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

5 thoughts on “Brief: Trump se skuiwe vanuit die VSA spel ook die einde van die ‘apartheidsbekering’ in SA”

  1. >k vra een vraag: Moet apartheid terug kom?
    Dit strook nie vir my met God se liefde of Sy Woord nie.

  2. Eina Ds. Wil jy vir my sê dat dit volgens die skrif wat jy lees beter is om ander te haat as om hulle lief te hê? Ek is oortuig daarvan dat die siening wat u aangaande rasse onderskeid koester geensins met die Heilige Woord vereenselwig kan word nie. EK dink aan die gemeenskap waarbinne die gemeentes van die NG Kerk tans staan en van ons grootste vriende is die “Samaritane” wat na ons gekyk het en liefde gesien het. Mag ons liefde leef

Comments are closed.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.