Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Ds Marietjie Steyn van Kaapstad skryf: Ek’s amper seker dat jy ’n opinie of antwoord in jou gedagtes op hierdie vraag het. En hoewel ek moet erken dat daar ’n deel in my is wat nuuskierig is oor wat jy sou antwoord, is ek bly dat ek hierdie vraag in die veiligheid van my huis vra waar ek nie jou antwoord kan hoor nie. Nie oor jou antwoord nie, maar omdat dit nie ’n regverdige vraag is om te vra nie.
LEES OOK | Brief: Ons identiteit is eerste in Christus, nie die NG Kerk nie
Vrae soos hierdie en baie ander wat ons vra om ’n oordeel uit te spreek of ’n opinie te gee of standpunt in te neem oor ’n sekere saak is presies die tipe vrae wat die wêreld waarin ons leef met soveel verdeeldheid gevul het. Sosiale media help nie. Skielik het elkeen ’n platform om hulle idees en opinies en standpunte, baie daarvan baie geldig, te lig. En vir elke opinie wat die lig sien of die cloud bereik, is daar soveel en meer menings wat vir of teen dit gegee word.
In Markus 7 nooi Lukas ons om te kyk na ’n “sondige vrou” wat Simon die fariseër se huis binnegaan. Sy val voor Jesus neer en begin sy voete met haar trane was en met kosbare olie salf. Dit is glad nie Simon se idee van ’n gesellige ete saam nie en veral nie volgens hom wat ’n profeet behoort toe te laat nie. Hy het baie duidelike opinies, waarskynlik oor die vrou, maar veral oor Jesus.
Lukas, soos die ander Evangelieskrywers, is ’n meesterverteller. In Jesus se reaksie op Simon se gedagtes, vra Jesus hierdie een belangrike vraag: “Sien jy hierdie vrou?” Simon, die karakter, antwoord nooit daardie vraag direk nie. Hoekom? Want Lukas wil dit duidelik maak dat daardie vraag nie net aan Simon gevra word nie. Daardie vraag word ook aan elkeen van ons gevra. Liewe leser van die verhaal, sien jy die vrou?
LEES OOK | Brief: Oordeel trek lyne terwyl gesprek betrek
Kyk mooi, Lukas vra nie of jy dink die vrou is werklik sondig en of dit regverdig is dat sy as ’n sondige vrou bekend staan nie. Hy vra ook nie van jou of jy meer of minder gasvry as Simon sou wees nie. Hy vra nie jou opinies oor fariseërs nie. Hy vra nie met wie jy jou nou eintlik in die storie vereenselwig nie. Hy vra nie watter sonde jy dink so ’n naam vir die vrou kan verdien nie (Terloops, ek wonder hoeveel van julle dink daardie sonde het te doen met seks en hoeveel van julle het gedink dit gaan daaroor dat sy sukkel om al haar goed te verkoop en vir die armes te gee?). Hy vra nie jou opinie oor voete was en duur olies nie. Hy wil nie weet watter teologiese standpunt jy oor salwing het nie.
Hy vra doodeenvoudig: Sien jy hierdie vrou? Geen debat. Geen opinie. Geen politieke speelbal. Geen teologiese regverdiging nie. ’n Eenvoudige “ja” of “nee.” Lukas begin die verhaal deur te skryf: Kyk, daar was ’n sondige vrou. En eindig die verhaal met: Nee regtig, kyk weer. Het jy haar gesien? Sien jy hierdie vrou?
Dit is onnodig om uit te wys dat daar ’n oorweldigende hoeveelheid opinies (en daarmee saam, verdeeldheid) die laaste paar weke die rondte doen. Natuurlik is daar ’n plek binne die kerk vir brawe, profetiese stemme wat helder en reguit na die waarheid kan wys. Vir die oorgrote meerderheid van ons, is die eerste vraag egter nie ‘Wat is jou opinie?’ nie. Vir die oorgrote meerderheid wat probeer om Jesus te volg, is die vraag doodeenvoudig: “Sien jy hierdie vrou?”

Ds Steyn begin haar brief met ‘n interessante retoriese vraag oor Trump – en wys tereg daarop dat so ‘n vraag teenstrydige antwoorde gaan oplewer – afhangende van die leser se eie opinie. Dan wys sy op die Here Jesus se reaksie in Simon die Fariseër se huis op ‘n vrou met ‘n bepaalde reputasie wat sy voete met duur salf gesalf het.
“Sien jy hierdie vrou?”
Ds Steyn ignoreer egter die konteks van die vraag: Jesus vertel eers vir Simon ‘n gelykens van ‘n geldskieter wat vir twee mense geld geleen het. Weens hulle armoede moes hy dit afskryf: vir een ‘n klein bedraggie. vir die ander ‘n fortuin. Dan vra Hy vir Simon wie die meeste liefde aan die geldskieter sou betoon. Die antwoord is logies: die een wat die meeste geskuld het. Hierop reageer Jesus met die vraag.
“Sien jy hierdie vrou?” Dan wys hy daarop dat Simon, wat homself nie as ‘n sondaar sien nie, nie eers die gebruiklike hoflikheid van ‘n gasheer aan Jesus betuig het nie. Maar die vrou, wat weet dat sy vergiffenis vir haar baie sondes ontvang het, bewys baie liefde (Luk. 7:47).
Dìt is die kruks van hierdie gedeelte. Jesus het aarde toe gekom om sondes te vergewe (1 Tim. 1:16). Dan volg liefdesdade vanself op vergiffenis. Soos ons vergete belydenis leer: Jy moet drie dinge weet om in die hemel te kom Dìt is die Evangelieboodskap wat deesdae onder ‘n woke mat ingevee word. Dìt vra vandag “…. brawe, profetiese stemme wat helder en reguit na die waarheid kan wys.”
Uitstekend!
Om die les te probeer toepas: ons sien die vrou, en ons sien selfs vir Trump. Dit lyk egter nie of Trump die vrou (of enigiemand wat sou kwalifiseer as sy naaste) sien nie. Dit lyk of hulle onsigbaar is vir hom.
En daardie eienskap moenie ongesiens by ons verbygaan wanneer hulle iemand tot leier verkies nie.
Ek sien jou Markus 7; ek “raise” you 1 Samuel 8.
Liewe Ds Steyn,
Met hiérdie storie oor Pres. Trump en die vrou met die losse sedes, wie se sondes( Jesus sê dis baie) haar vergewe is omdat sy aan hom groot liefde bewys het, kry ek nie die kloutjie by dieoor nie.
Eerstens verskyn die storie nue in Markus 7 nie, wel in Lukas 7. Tweedens stipuleer Lukas haar sondes( die báie waarvan Jesus praat)….haar sedes was los. En met Jesus se woorde: Kyk na hierdie vrou( NLV) wys hy op elke aspek van haar optrede en vergelyk dit met Simon, die godsdienstige wetsgeleerde s’n.
Maar ek weet nog steeds nie wat het pres. Trump se godsdiensaffiliase met dié storie te make nie.
Dalk is ek net dom?
Groetnis,
Susan.
Ek het gaan kyk na al die Facebook posts van 32nC, maar kon nie presies sien wat die vrou verkeerd gedoen het nie. Ek het ChatGPT gevra wat moet mens doen om ‘n biljoenêr te word. Chat het gesê “doen iets wat goed is vir die samelewing, en die samelewing sal jou vergoed”. Elon Musk was ruim vergoed, so hy moes iets goed gedoen het. Sy vereenselwiging met Trump behoort dus ook iets goed te wees vir die samelewing. Is Trump ‘n Christen? Mens kan dit nie sien in die wêreldse media nie; die wêreldse media is nie gerat om mense se Christenskap te verklaar nie. Van waar ek sit, lyk die oog van die naald baie klein, maar niks is vir die Here onmoontlik nie; nie eers met Elon nie.
Of President Trump ń Christen is, weet ek nie verseker nie. EK weet wel dat Godsdiens weer terug is in Amerikaanse skole, dat daar weer openlik in die Withuis gebid word, dat pres. Trump openlik gesê het dat hy nie die belangrikste mens op aarde is nie, maar dat Jesus Christus die belangrikste op aarde is. Ek weet ook dat hy ń einde gemaak het aan die “pronouns” wat mense hulleself toeeïen en verklaar het dat net twee geslagte nl. man en vrou erken word soos Christus ons geskape het! En so sou my lysie kon aangaan en aangaan. In die Woord lees ons “wys my jou werke ……” Of pres. Trump dus ń Christen is, weet ek nie, maar ek sien sy werke. Ons lees ook in die Woord dat Jesus by geleentheid gesê “die wat nie teen ons is nie, is vir ons!” Voorts sien ek dit wat alles nou ontbloot word met pre. Trump se terugkeer, en ek is dankbaar teenoor ons Vader en Hemelse Heer, vir iemand soos pres. Trump!
Ek stem saam met jou siening Conrad. Ons moet meer vir leiers soos Pres. Trump voorbidding doen vir Godlike wysheid. Pres. Trump en sy vrou was Sondag in die kerk en het meelewend mee gedoen.
Wanneer laas het jy ‘n President in die kerk gesien?