- Hierdie kennisgewings is op 14 Februarie 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds HJ (Hendrik) Conradie van Virginia-Wes na Riebeeckstad; prop PJ (Pierre) du Plessis as diensleraar na Parke; prop Z (Zandré) Marais na Sonstraal; ds WG (Waldemar) Stumpfe van Ficksburg na Biggarsbergvallei.
AANVAAR
Prop PJ (Pierre) du Plessis as diensleraar na Parke; ds CJ (Christo) Schoeman van Delareyville-Oos na Potchefstroom-Miederpark.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 21 Januarie 2025 is besluit om prop Pierre du Plessis na Parke-gemeente (voorheen Kraaifontein-Die Parke) as tentmaker te beroep. Sy bevestiging vind plaas op Sondag 16 Maart 2025 om 09:00. (Annamarie Louw, saakgelastigde: NG Gemeente Parke, 13.02.2025).
BEROEP
Proponent Zandré Marais is op Woensdag, 5 Februarie 2025 deur die kerkraad na Sonstraal, as medeleraar (Jeug) in ’n 50% pos vir ’n tweejaartermyn beroep. (Lynnette Bekker, finansiële beampte, 12.02.2025).
KWAZULU-NATAL
BEROEP
Tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering gehou op Maandag 10 Februarie 2025 het die kerkraad in diepe afhanklikheid van die Heilige Gees tot die oortuiging gekom dat die Here vir ds WG (Waldemar) Stumpfe van die NG Gemeente Ficksburg na die NG Gemeente Biggarsbergvallei beroep het. (CJJ (Stoffel) Mouton, voorsitter: kerkraad, 11.02.2025).
VRYSTAAT
BEROEP
Ds HJ Conradie van NG Merriespruit (ingelyf by NG Gemeente Virginia-Wes) is beroep na NG Gemeente Riebeeckstad (Moeder). (Jennifer van Antwerpen, skriba: NG Gemeente Riebeeckstad (Moeder), 10.02.2025).
GOUDLAND
AANVAAR
Ds Christoffel Johannes (Christo) Schoeman van die NG Gemeente Delareyville-Oos het die beroep as predikant na Potchefstroom-Miederpark Gemeente aanvaar. (Arinda Reyneke, saakgelastigde: NG Gemeente Potchefstroom-Miederpark, 13.02.2025).