Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Kerkbode nooi jou na ’n naweek van stap, stilte en nuwe vriendskappe. Jy kamp op die plaas waar ’n stapel van meer as 11 000 klippe oor die Karoovlakte uittroon. “Elke klip verteenwoordig ’n gebed,” vertel die boervrou Elsje Basson. Foto's: Le Roux Schoeman vir Kerkbode

Kerkbode-Beleefnaweek: 14-16 Maart 2025 | Kom ervaar die Karoo en luister na boervrou Elsje Basson se klipstapel-storie


Kerkbode bied op 14-16 Maart 2025 ’n unieke “Beleefnaweek” naby Sutherland aan. Jy kamp op die plaas waar ’n stapel van meer as 11 000 klippe oor die Karoovlakte uittroon. “Elke klip verteenwoordig ’n gebed,” vertel die boervrou Elsje Basson. Kom luister na haar merkwaardige geloofsverhaal, wat oor jare op dié plaas ontvou het.

 

Kerkbode nooi jou na ’n naweek van stap, stilte en nuwe vriendskappe.

Só bespreek jy:

Navrae: Heléne Meissenheimer

helene@bmedia.co.za

Whatsapp: 072 149 1969

Koste: R2 200 per persoon

Betaal deur EFT

Betaalbaar by rekeningnaam: BYBEL-MEDIA

Absa-rekeningnommer: 40-5118-1699

Tak: ABSA BANK WYNLAND

Takkode: 632005

Swift-kode: ABSAZAJJ

Verwysing: KerkbodeBeleef

Stuur bewys van betaling aan helene@bmedia.co.za

Sperdatum: Vrydag 7 Maart 2025

Die plaas Portugalsrivier is al vir vyf geslagte in besit van Elias Basson se familie. Die naaste dorp aan die plaas is Sutherland in die Noord-Kaap (sowat 400 km van Kaapstad en sowat 735 km van Bloemfontein). Ry uit die suide met die R354 tot bo-op Verlatekloofpas. Kyk daarna uit vir die afdraai regs na Merweville. Na sowat 26 km op grondpad en twee motorhekke kom jy by die plaas Portugalsrivier. Draai regs in tot op die plaaswerf. Grondpad is redelik goed, maar ry versigtig. Jy het nie ’n 4 x 4 nodig nie.
Elsje Basson by die opstal wat sy vir die Kerkbode-naweek oopstel.
Hoewel dit droë wêreld is, is die kampplek gerieflik en veilig. Bring jou eie tent (self opslaan), slaapsak, opblaasmatras of kampbed, ekstra kombers (onthou die nagte kan koud raak). Ook eie eetgerei, badsakkie, sonskerm en handdoek. Vir die stap: rugsak (dagstap), waterbottel (2 liter), winkelsakke (vir vullis), toiletpapier, hoed, stapskoene en swembroek vir ’n swem agterna in die salige sementplaasdam. Volledige inpaklys gee ons wanneer jy inskryf.
Saterdag 15 Maart se geskatte 17 km sirkelroete is op die plaas en stappers word gelei deur Elsje Basson. Ons stap in ’n tweespoor-stofpad teen gemaklike tempo. Bring peuselgoed. ’n Hoed is ’n moet. Ons begin vroeg stap.

Hoe kom ’n mens op die plaas?

Die naaste dorp aan die plaas is Sutherland in die Noord-Kaap (sowat 400 km van Kaapstad en sowat 735 km van Bloemfontein). Ry uit die suide met die R354 tot bo-op Verlatekloofpas. Kyk daarna uit vir die afdraai regs na Merweville. Na sowat 26 km op grondpad en twee motorhekke kom jy by die plaas Portugalsrivier. Draai regs in tot op die plaaswerf. Grondpad is redelik goed, maar ry versigtig. Jy het nie ’n 4 x 4 nodig nie.

Vinnige feite:

Wie sal hierby baat? Elkeen wat saam met ander in die Karoo se stilte, ’n pragtige staproete en Elsje Basson se unieke geloofstorie wil deel.

Waar: Portugalsfontein-plaas tussen Sutherland en Merweville.

Wanneer: Vrydag 14 Maart – Sondag 16 Maart 2025.

Hoeveel Rand per kop: R2 200 per persoon (vier heerlike etes ingesluit, waaronder ’n skaaptjopbraai).

Ekstra kostes: Eie middagete en peuselgoed, asook eie drank indien verlang.

Hoeveel plekke beskikbaar: Daar is ’n lieflike groen grasperk asook ruim plaaswerf met plek vir tente vir 20 volwassenes.

Geriewe: Twee storte met warm water en twee spoeltoilette. Let op: Geen selfoonsein.

Eendagstaproete (opsioneel*):

Saterdag 15 Maart se geskatte 17 km sirkelroete is op die plaas en stappers word gelei deur Elsje Basson. Ons stap in ’n tweespoor-stofpad teen gemaklike tempo. Bring peuselgoed. ’n Hoed is ’n moet. Ons begin vroeg stap.

Inspanningsgraad en veiligheid: Enige gereelde stapper sal dit met gemak baasraak.

*Daar is korter opsies vir minder fikses.

Bagasie en paklys

Bring jou eie tent (self opslaan), slaapsak, opblaasmatras of kampbed, ekstra kombers (onthou die nagte kan koud raak). Ook eie eetgerei, badsakkie, sonskerm en handdoek. Vir die stap: rugsak (dagstap), waterbottel (2 liter), winkelsakke (vir vullis), toiletpapier, hoed, stapskoene en swembroek vir ’n swem agterna in die salige sementplaasdam. Volledige inpaklys gee ons wanneer jy inskryf.

Let wel: Ontbyt en aandete is ingesluit by die koste, maar bring jou eie versnaperinge en drinkgoed.

Ongelukkig geen troeteldiere nie.

Spys en drank

Ons verskaf twee heerlike aandetes (Vrydag en skaapvleisbraai op Saterdag) en twee ontbyte (Saterdag en Sondag). Soos genoem is Saterdagmiddagete en versnaperinge vir jou eie sak. (Die naaste dorp is Sutherland, sowat 35 km, meestal grondpad).

Agtergrond-inligting oor Elsje se plaas 

Die plaas Portugalsrivier is al vir vyf geslagte in besit van Elias Basson se familie.

Lees hier meer: Caminostap vir droogtehulp: Pelgrimpsalms, donderweer en sprinkane

Roggeveld-boervrou se klipstapel van geloof en hul droogte-wonderwerk

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.