- Hierdie kennisgewings is op 21 Februarie 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds J-H (Jan) Bronkhorst van De Rust na Bethanie; ds HJ (Hendrik) Conradie van Virginia-Wes na Riebeeckstad; prop PJ (Pierre) du Plessis as diensleraar na Parke; prop Izanne Ellis van Edenville na na Vaalwater/Waterberg; ds C (Nelis) Janse van Rensburg van Welgemoed na Albertinia; prop Z (Zandré) Marais na Sonstraal; dr EP (Ronel) Meylahn van Dresden, Duitsland (vroeër van Universiteitsoord) na Durbanville; prop IH (Izak) Scholtz na Woodland Hills; prop J (Jaco) Smit deeltyds van Pretoria-Oos na Houtbaai; ds JD (Johan) Smit voorheen van Piketberg na Langebaan; ds EH (Egbert) Steyn van Wolseley (brugleraar) na Kuilsrivier; ds WG (Waldemar) Stumpfe van Ficksburg na Biggarsbergvallei.
AANVAAR
Prop A (Andene) Cilliers van Durbanville-Bergsig na Bellville-Riebeeck; prop PJ (Pierre) du Plessis as diensleraar na Parke; prop dr A (Anine) Fischer na Queenswood; ds H (Hanli) Grové van Greyton na Mosselbaai-Suid; ds CJ (Christo) Schoeman van Delareyville-Oos na Potchefstroom-Miederpark; prop IH (Izak) Scholtz na Woodland Hills; prop J (Jaco) Smit deeltyds van Pretoria-Oos na Houtbaai; ds EH (Egbert) Steyn van Wolseley (brugleraar) na Kuilsrivier.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 11 Februarie 2025, is dr Ronel Meylahn van die Evangelische Berufsschule in Dresden, Duitsland, beroep na Durbanville-gemeente (NGK). (Jackie Pretorius, bestuurder: steundienste by Durbanville-gemeente, 18.02.2025).
Ds C Janse van Rensburg van die NG Gemeente Welgemoed is na die NG Gemeente Albertinia beroep. (Annelle la Grange, saakgelastigde: NG Gemeente Albertinia, 18.02.2025).
Proponent Zandré Marais is op Woensdag, 5 Februarie 2025 deur die kerkraad na Sonstraal, as medeleraar (Jeug) in ’n 50% pos vir ’n tweejaartermyn beroep. (Lynnette Bekker, finansiële beampte, 12.02.2025).
Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 21 Januarie 2025 het die kerkraad van NG Gemeente Langebaan vir ds Johannes Daniël (Johan) Smit, voorheen van Piketberg, beroep. Hulle is tans lidmate van NG Langebaan. (Arina Hanekom, sekretaresse, 22.01.2025).
AANVAAR
Ds Hanli Grové van Greyton het die beroep na die NG Gemeente Mosselbaai-Suid aanvaar. (André Kritzinger, leraar: NG Gemeente Mosselbaai-Suid, 04.02.2025).
Proponent Andene Cilliers van NG Gemeente Durbanville-Bergsig, het die beroep as deeltydse predikant na NG Gemeente Bellville-Riebeeck, vir ’n termyn van drie jaar, aanvaar. (Nicky Mollet, skriba: Bellville-Riebeeck, 22.01.2025).
Houtbaai-gemeente het prop Jaco Smit van Ooskerk in Pretoria beroep tot leraar in ’n permanente deeltydse pos. Hy het die beroep aanvaar. (Colitha van Rensburg, skriba: NG Kerk Houtbaai, 04.02.2025).
BEVESTIGING
Ds Egbert Steyn van Wolseley is op 2 Februarie 2025 by die NG Kerk Kuilsrivier bevestig deur dr WJ Cilliers. (Franselene Krause, skriba: NG Kerk Kuilsrivier, 04.02.2025).
Die NG Gemeente Bellville-Riebeeck het proponent Andene Cilliers op 2 Februarie 2025 as deeltydse predikant van die gemeente in ’n vastetermynpos van drie jaar bevestig. Ds Martin Steyn, die voltydse predikant in diens van die gemeente, het die bevestiging hanteer. (JP Strauss, voorsitter: Kerkraad NG Gemeente Bellville-Riebeeck, 04.02.2025).
Ds Johannes Petrus (Petri) Coetzee van Albertinia is op 9 Februarie 2025 bevestig as leraar van die NG Gemeente Vredenburg. Ds JM (Jurie) van Zyl (tentmaker) het die bevestiging hanteer. (Suselna Theart, administratiewe beampte: NG Kerk Vredenburg, 14.02.2025).
Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 21 Januarie 2025 is besluit om prop Pierre du Plessis na Parke-gemeente (voorheen Kraaifontein-Die Parke) as tentmaker te beroep. Sy bevestiging vind plaas op Sondag 16 Maart 2025 om 09:00. (Annamarie Louw, saakgelastigde: NG Gemeente Parke, 13.02.2025).
KWAZULU-NATAL
BEROEP
Tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering gehou op Maandag 10 Februarie 2025 het die kerkraad in diepe afhanklikheid van die Heilige Gees tot die oortuiging gekom dat die Here vir ds WG (Waldemar) Stumpfe van die NG Gemeente Ficksburg na die NG Gemeente Biggarsbergvallei beroep het. (CJJ (Stoffel) Mouton, voorsitter: kerkraad, 11.02.2025).
VRYSTAAT
BEROEP
Ds HJ Conradie van NG Merriespruit (ingelyf by NG Gemeente Virginia-Wes) is beroep na NG Gemeente Riebeeckstad (Moeder). (Jennifer van Antwerpen, skriba: NG Gemeente Riebeeckstad (Moeder), 10.02.2025).
BEVESTIGING
Prop Izak Human Scholtz se bevestiging met handoplegging deur ds Anton Meiring het op Sondag 2 Februarie 2025 in Woodland Hills NG Gemeenskapskerk, Bloemfontein plaasgevind. (PJB Coetzer, skriba: Ring van Bloemheuwel, 28.01.2025).
GOUDLAND
AANVAAR
Ds Christoffel Johannes (Christo) Schoeman van die NG Gemeente Delareyville-Oos het die beroep as predikant na Potchefstroom-Miederpark Gemeente aanvaar. (Arinda Reyneke, saakgelastigde: NG Gemeente Potchefstroom-Miederpark, 13.02.2025).
NOORDELIKE
BEROEP
Prop Izanne Ellis van Edenville is op 19 Februarie 2025 beroep na die NG Gemeentes Vaalwater/Waterberg in kombinasie vir ’n drie jaar vastetermynkontrak. (Vivienne van der Merwe, kassier: NG Gemeente Waterberg, 20.02.2025.)
BEVESTIGING
Dr Anine Fischer is op 5 Januarie 2025 bevestig met handoplegging te NG Gemeente Queenswood. Ds Karel Albrecht het die bevestiging waargeneem en sy het ook haar intreepreek gelewer op die dag. Haar bevoegdheid het van proponent na voltydse predikant verander. Sy is in 2023 gelegitimeer en is getroud met ds Van Wyk Fischer. Sy was vanaf 2014 tot 2024 bestuurder van Lethabo le Khutso tehuis vir volwassenes met outisme. (Anneli Roux, saakgelastigde: NG Gemeente Queenswood, 13.01.2025).
Ds Christian Oberholzer is op Sondag 2 Februarie 2025 by die NG Gemeente Universiteitsoord as leraar bevestig. (Anuschka Smit, kerkraadvoorsitter: NG Gemeente Universiteitsoord).
EMERITAAT
Ds DJH Ueckermann van NG Nylstroom-Oos het sy emeritaat ontvang op 31 Januarie 2025 tydens ’n geleentheid by die gemeente. Hy was predikant hier van 1 Julie 2008 tot 31 Januarie 2025. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder: NG Nylstroom-Oos, 28.01.2025).
NAMIBIË
BEROEP
Dominee Jan-Hendrik Bronkhorst is beroep van De Rust na die NG Gemeente Bethanie. (Minette Viviers, skriba: NG Kerk Bethanie, 04.02.2025).