Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Boek | Duitse filosoof Hanno Sauer volg die spoor van morele transformasie


The invention of good and evil: A world history of morality deur Hanno Sauer

Uitgewer: Profile Books, 2024

Beskikbaar by Loot.

Resensent: Roné Vosloo

Hoekom is ons goed? Hoekom is ons sleg? Hoe besluit ons wat is goed en wat is sleg? Word dit deur ’n persoon of ’n gemeenskap bepaal? Wat beteken hierdie vrae? Vir so lank as wat die aarde bestaan, het die mens ’n verhouding met moraliteit. Goed en sleg is geskep en oor tyd weer herskep en word fyn verweef in ons gemeenskappe, gebruike en wette.

Moraliteit word maklik ook geassosieer met beperking, inperking, opoffering en belydenis. Vir baie gaan moraliteit en skaamte hand aan hand. Hierdie denke rondom moraliteit is nie noodwendig verkeerd nie, maar vir seker onvolledig. Moraliteit in al sy vorme dien as die basis van elke groot sprong vorentoe vir ons menslike ontwikkeling deur die geskiedenis.

Lees ook: Etiek: ‘Verken veral jou eie besluitnemingsproses,’ hoor leraars by webinaar

Sauer volg die spoor van morele transformasie: Vanaf ons vroegste voorouers en hulle ontdekking van samewerking en skep van straf, tot by vandag, waar ons worstel met gelykheid en oneerlikheid.

Vir amper vyf miljoen jaar word die mens met goed en sleg gekonfronteer. Vandag meer as ooit stem die mens nie saam oor wat dit beteken om goed te wees nie. Sauer wys ons dat ons verlede juis kan dien as ’n nuwe basis vir ons toekoms. Ten spyte van die vrae en wonder oor goed en sleg is Sauer tog optimisties.

Die struktuur van die boek is netjies en lees ten spyte van gewigtige temas relatief maklik. Sauer is ’n Duitse filosoof. The invention of good and evil is uit die Duits vertaal deur Jo Heinrich en volg die struktuur van skrywers soos Steven Pinker en Yuval Noah Harari. Hierdie boeke kyk na die samelewing en mense se oortuigings deur die oë van evolusie, alles in ’n poging om te verstaan hoekom en hoe ons glo in dit wat ons glo en doen wat ons doen.

Ds Roné Vosloo is predikant by Heideveld-gemeente in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.