Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Leraars beweeg (Amptelike Nuus: 24- 28 Februarie 2025)


BEROEP

Ds M (Maritza) Oosthuizen van Veranderde Lewens na Heidelberg (Wes-Kaap); prop DJ (Danie) Jacobs (na colloquium doctum) na Nylstroom-Oos.

AANVAAR

Dr LL (Lourens) Bosman (emeritus) as brugleraar na Harare.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Die NG Kerk Heidelberg Wes-Kaap het tydens ’n kerkraadsvergadering op 19 Februarie 2025 vir ds Maritza Oosthuizen van Veranderde Lewens (Roodepoort-Oos) beroep. (Riana van der Merwe, skriba: NG Ker,k Heidelberg, 26.02.2025).

NOORDELIKE

BEROEP

Op die spesiale kerkraadsvergadering van 25 Februarie 2025 is ds Danie Jacobs beroep as medeleraar na NG Nylstroom-Oos. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder: NG Nylstroom-Oos, 26.02.2025).

BEVESTIGING

Dr LL (Lourens) Bosman is op 16 Februarie 2025 in die NG Gemeente Harare bevestig as brugleraar. Hy het ’n drieledige opdrag, naamlik:

  • Die toekoms van die bediening in Zimbabwe,
  • die vakature in die Harare/Marondera-kombinasie (in samewerking met die Hervormde Kerk),
  • asook die vakature in die Chinoyi/Karoi/Kadoma/Chegutu/Kwekwe-kombinasie.

Die bevestiging is hanteer deur ds JG (Johan) Haasbroek. (Ds Johan Haasbroek, ringskriba, 24.02.2025).

OOSTELIKE

EMERITAAT

Ds Hendrik Erasmus Sterrenberg (Sterns) Pretorius van NG Gemeente Hazyview het op 29 Januarie 2025 emeriteer. Hy is daarna weer aangestel in ’n vastetermynpos vir drie jaar. (Natasha Nel, skriba: Ring van Barberton, 26.04.2024).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.