Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

“In al hierdie gerondspokery het ons verhoudings onderling baie skade gely. Ons verhoudings is die slegste wat dit ooit was en ons is daaroor baie hartseer,” het ds Johannes Maritz (bo) aan die sowat 60 afgevaardigdes gesê tydens ’n spreekbeurt op die laaste dag van ’n driedagsaamtrek van die ASM. Foto's en video: Le Roux Schoeman

NG Kerk in Namibië kyk na opsie om verband met Algemene Sinode ‘te herdefinieer’ wanneer sinode einde Maart plaasvind


Wanneer afgevaardiges van die NG Kerk in Namibië einde Maart in Windhoek vir hulle sinodesitting saamtrek, sal verrigtinge ook met groot belangstelling uit Suid-Afrika gevolg word.

 

“Ons is diep bewus daarvan dat oor enkele weke die Namibiese Sinode byeenkom en besluite neem oor hulle verband, die uitdrukking daarvan, met die Algemene Sinode,” het ds Jan Lubbe, die voorsitter van die Algemene Sinode Moderamen (ASM), op 27 Februarie by ’n vergadering in Benoni gesê.

LEES OOK: ‘Dis tyd om soos rentmeesters te dink,’ hoor kerkleiers oor geldsake wat ASM bemoedig

Ds Johannes Maritz het hierna as verteenwoordiger van die sowat 11 800 Namibiese lidmate van die NG Kerk die uitdaging vir kerkleiers in die buurland verduidelik: “As die (Namibiese) sinode besluit om Artikel 37 (van die Kerkorde) toe te pas (om uit verband met die Algemene Sinode te tree), is daar moontlik ’n paar gemeentes wat sal sê, ons gaan nie saam nie. Ons wil in verband bly met die Algemene Sinode.” Die teenoorgestelde is ook waar, het Maritz verduidelik. Hy het ’n prentjie van konflik geskilder binne die NG Kerk in Namibië, wat verdeeld is sedert die NG Kerk se Algemene Sinode se besluit rondom selfdesgeslagverbintenisse in 2019 en strykdeur die 2023 Algemene Sinode-sitting met dié se besluite oor dieselfde saak.

LEES OOK: Podsending | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

“In al hierdie gerondspokery het ons verhoudings onderling baie skade gely. Ons verhoudings is die slegste wat dit ooit was en ons is daaroor baie hartseer,” het Maritz aan die sowat 60 afgevaardigdes gesê tydens ’n spreekbeurt op die laaste dag van ’n driedagsaamtrek van die ASM.

“Ons kan nie as verdeelde kerk in Namibië voortbestaan nie. Ons het nie die kapasiteit nie en ons kan nie in isolasie lewe nie,” het Maritz opsommend oor die kerk se 43 gemeentes gesê. “Ons beste hoop is dat die besluit dalk geneem kan word, om Artikel 37 toe te pas, maar dan terselfdertyd ook ’n besluit om ons verhouding te herdefinieer om nuwe verbande aan te gaan en op ’n nuwe manier in ’n nuwe verhouding met die Algemene Sinode te staan. Dit sal op die lang duur vir die NG Kerk in Namibië die beste wees,” meen Maritz.

“Dis altyd makliker om ’n band deur te knip as wat dit ooit is om dit te herstel,” het ds Lubbe later by navraag aan Kerkbode opgemerk.

 

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

2 thoughts on “NG Kerk in Namibië kyk na opsie om verband met Algemene Sinode ‘te herdefinieer’ wanneer sinode einde Maart plaasvind”

  1. Of dalk moet die AS meer wonder oor of die 2019 besluit strook met wat reg is en wat gemeentes eintlik glo.

  2. Matthys Streicher

    Namibië se kapasiteit sal dalk verbeter as hulle wegbreek en die 100 dolerende gemeentes van SA by hulle skrifgetroue verband aansluit

Comments are closed.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.