Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Podsending | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek.

Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 – Versoening en Geregtigheid” sluit hiervoor aan by Kollig-aanbieder, Heléne Meissenheimer.

Lubbe praat ondermeer oor die pastorale brief wat die dagbestuur van die moderamen van die Algemene Sinode vandeesmaand aan gemeentes gestuur het. Hy het gesê dié skrywe kom weens ’n besorgdheid oor wat wêreldwyd gebeur, maar ook in ons land en die effek daarvan asook hoe daarop gereageer word. 

Greyling vertel meer oor waarmee hierdie taakspan besig is terwyl dr Koorts, in die lig van die oorspoel van onlangse gebeure in die VSA na Suid-Afrika, die konteks skets van twee lande se groepe geloofsgemeenskappe en wat hulle met mekaar in gemeen het.

Geen geloofsgemeenskap staan in isolasie nie, het sy gesê. “So jy sien al meer dat Suid-Afrikaanse Christene hulle begin vereenselwig met Christene in die VSA, maar baie bepaalde groeperinge en dat dit deurspoel na al ons gemeentes toe,” het Koorts, lektor by die Universiteit van Pretoria, uitgebrei.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

2 thoughts on “Podsending | Polarisasie, Trump en openbare getuienis”

Comments are closed.

Scroll to Top