Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 07 Maart 2025)


BEROEP

Ds NJA (Nico) Haarhoff (emeritus) na Pretoria-Dowes; ds JW (Johan) Janse van Rensburg van Nieuwoudtville na Kuilsrivier-De Eike; ds AH (Anru) Liebenberg van Nelspruit na Villieria (Pretoria); ds SH (Sharné) van der Walt van Wonderboom na George-Suid.

AANVAAR

Ds NJA (Nico) Haarhoff (emeritus) na Pretoria-Dowes; ds JW (Johan) Janse van Rensburg van Nieuwoudtville na Kuilsrivier-De Eike.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds Sharné Heléna van der Walt (vroeër van NG Kerk Windhoek-Wes en tans NG Kerk Wonderboom) is tydens ’n kerkraadsvergadering op 27 Februarie 2025 beroep as medeleraar na die NG Kerk George-Suid. (Susan Mong, skriba: NG Kerk George-Suid, 02.03.2025).

BEVESTIGING

Ds JW (Johan) Janse van Rensburg van NGK Nieuwoudtville is op Sondag 2 Maart 2025 bevestig as voltydse leraar by NGK Kuilsrivier-De Eike. Die bevestiging is waargeneem deur ds Annelet Slazus. Ds Janse van Rensburg het op Sondag 9 Maart 2025 sy intreepreek gelewer. (Mariana van Schalkwyk, saakgelastigde: NGK Kuilsrivier-De Eike, 05.03.2025).

EMERITAAT
Ds Philip George Scholtz van NG Gemeente Prins Albert het op 23 Februarie 2025 sy uittreepreek gelewer en op 28 Februarie geëmeriteer. Hy en sy vrou Anneke was vir vier jaar by die gemeente. (Adele Hattingh, skriba: NG Gemeente Prins Albert, 03.03.2025).

NOORDELIKE

BEROEP

Ds Nico Haarhoff is beroep na NG Gemeente Pretoria-Dowes en is op 02 Maart 2025 by die gemeente bevestig deur ds Rehan Rheeder. (Ds Petro Jonker, skriba: Ring van Sentraalmoot, 07.03.2025).

Ds Anru Liebenberg van NG Nelspruit is op 02 Maart 2025 beroep na NG Villieria Gemeente in Pretoria. Ds Hein Wiegand het as konsulent die vergadering bygewoon. (Ds Petro Jonker, skriba: Ring van Sentraalmoot, 07.03.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top