Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Brief | Die wêreld het nodig dat ons ons apartheidsbekering onthou

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Cobus van Wyngaard van Pretoria skryf: Ek wonder al meer as ’n maand of iemand dan iets gaan sê oor Petrus Kriel se brief van 14 Februarie. Partymaal moet ons seker ophou wag vir iemand, en praat waar ons geroep word.

Russel Botman vertel die verhaal van studente in Jaap Durand se teologieklas wat in die 1970’s tot die oortuiging gekom het dat die teologiese hart van die probleem met apartheid is dat dit oortuig is van die inherente onversoenbaarheid van mense. Die versoening wat Christus bring, ook tussen mense, en selfs tussen vyande, word deur apartheidsteologie as onmoontlik verklaar. Die kerk waarvan ons in Handelinge lees, en waaroor Paulus skryf, waar daar nie meer Jood of Griek is nie, word vervang met ’n etniese godsdiens. Taal en kultuur bepaal wie deel van ’n spesifieke kerk moet wees.

Ek kan nie anders nie as om met verslaendheid te lees hoe ’n geordende predikant homself beroep op die Republikeinse Party in Amerika om te verklaar dat daar uiteindelik ’n einde gekom het aan die versoening waartoe die NG Kerk haarself verbind het, ja, om te verklaar dat ons wegbeweeg van apartheid uiteindelik tot ’n einde gekom het. En duidelik juig Petrus hieroor.

Die ironie dat die NG Kerk se verbintenis dat die kerk “nie meer ’n Afrikaanse kerk in die Afrikaanse gemeenskap nie”, maar ’n kerk waar almal welkom is, afgemaak word as staatsgodsdiens moet ons nie ontgaan nie. Wat ons hoor is ’n teruggryp na die staatsgodsdiens van ’n etniese kerkbegrip, waar lidmaatskap in die kerk bepaal word deur taal en kultuur eerder as alleen deur geloof in Christus.

Wat die wêreld dalk juis nodig het in hierdie tyd is ’n NG Kerk wat soos ’n teenliggaam die wêreld herinner waarheen die pad van Christelike nasionalisme lei, en in ons getuienis juis ons apartheidsbekering onthou.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top