- Hierdie kennisgewings is op 11 April 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds C (Carel) Smith van Suider-Strand na Barrydale; ds C (Carel) Smith van Suider-Strand na Hopefield.
AANVAAR
Ds PA (Pieter) Swanepoel van Greytown na Vryheid-Suidoos; ds GD (Gert) Victor van Harrismith na Prins Albert.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds Carel Smith van Suider-Strand is beroep na NG Gemeente Hopefield. (Willa Kapp, skriba: NG Gemeente Hopefield, 10.04.2025).
Ds Carel Smith (vroeër van Suider-Strand gemeente en onlangs afgelê weens bedryfskostestekorte) is tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 27 Maart 2025 as leraar beroep na die NG Gemeente Barrydale. (Gail Groenewald, skriba/kassier: NG Gemeente Barrydale, 02.04.2025).
BEVESTIGING
Ds GD (Gert) Victor van Harrismith is op Sondag 6 April 2025 bevestig in die NG Gemeente Prins Albert. Die bevestiging is waargeneem deur die konsulent, ds Danie Pretorius van Merweville. Ds Victor se intreepreek daarná was na aanleiding van Galasiërs 5:22 met die tema: “Proe ánder Christus in jou?”. Die gemeente en hulle nuwe leraar is opgewonde oor die pad saam vorentoe. (Adele Hattingh, gemeenteskriba: NG Gemeente Prins Albert, 07.04.2025).
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Ds Pieter Swanepoel (was direkteur van die Kinderhuis op Greytown) is op 5 April bevestig as leraar van die NG Gemeente Vryheid-Suidoos deur ds Petrus Botha van Pongola-gemeente. (Hester Maré, koster: NG Gemeente Vryheid-Suidoos, 09.10.2025).
