- Hierdie kennisgewings is op 25 April 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
AANVAAR
Ds SA (Stian) Bloem van Culembeeck na Louis Trichardt; ds M (Maritza) Oosthuizen van Veranderde Lewens na Heidelberg (Wes-Kaap).
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Emeritus-leraar, ds Johan Smit (voorheen van die NG Gemeente Piketberg), is op 23 Maart 2025 by die NG Gemeente Langebaan as tweede leraar bevestig deur ds Santie Nel. Hy het sy intreepreek gelewer op 6 April 2025. (Arina Hanekom, sekretaresse: NG Gemeente Langebaan, 17.04.2025).
Ds Maritza Oosthuizen van Veranderde Lewens Gemeente in Florida Hills is op 11 April 2025 as leraar van die NG Gemeente Heidelberg (Wes-Kaap) bevestig deur ds HJ Vermeulen. Haar intreepreek was op 13 April 2025. (Riana van der Merwe, Skriba: NG Gemeente Heidelberg, 15.04.2025).
NOORDELIKE
AANVAAR
Ds Stian Bloem van NG Gemeente Culembeeck het ’n beroep aanvaar na NG Gemeente Louis Trichardt (Moedergemeente). Hy tree in diens op 1 Julie 2025, sy bevestiging geskied op 26 Julie 2025. (Esther Nel, kassier: NG Gemeente Louis Trichardt, 23.04.2025).
OOSTELIKE
EMERITAAT
Ds Anton Kemp van die NG Kerk Middelburg tree met vervroegde emeritaat op 1 Mei 2025 uit die diens van die gemeente. Hy was vanaf 2014 predikant in die gemeente. (Theo Homann, skriba: Ring van Middelburg, 24.04.2025).